17
Feb
07

Ek is hier……

As jy luister, hoop ek dat ek jou aanraak,
as jy wegstap, hoop ek jy maak weer ‘n draai!
En gooi maar gerus jou vyf sent by……

Ek was op MySpace en het besluit om te trek. Ek het te blootgestel gevoel want ek is deur al wat kansvatter gekontak om geld in ontvangs te neem; teen ‘n aanloklike vergoeding natuurlik. Ek het aanvanklik die spasie oopgemaak as kommunikasie-middel tussen my en my familie in Nambië en Nederland. Hulle voel egter nie gemaklik met MySpace nie en besoek dit nie. So hier is ek nou….

Ek gaan op my Seepkissie klim wanneer ek iets wil sê. Om stoom af te blaas, om te jubel, om te wonder, en sommer net. Maar net as ek tyd het en regtig iets wil sê. Ek gaan myself onder geen verpligting plaas nie. Ek is nie ‘n letterkundige nie, nie ‘n digter nie en geen skrywer nie. Ek is net geïnspireer deur die mense om my en deur die geleentheid wat die blog-tegnologie mens bied.

Ek is deel van ‘n Engelse skoonfamilie en het vir lank ook my “rug” op Afrikaans gedraai. Ek het soveel gemis. Ek gaan nou volsirkel terug en ek kan net nie genoeg lees nie. Daar is ‘n rykdom leesstof beskikbaar en die blog het vir ongepubliseerde juweeltjies ‘n platform gegee om skeppend te skryf. Ek lees te lekker aan alles wat te sê is en staan in verwondering oor die talent! Ek bevind myself in goeie geselskap en hier wil ek bly.


2 Responses to “Ek is hier……”


  1. February 17, 2007 at 3:06 nm

    En ek is verheug oor hierdie wyse besluit wat ek al lankal dreig om aan jou voor te stel. Ek weet sommer dit gaan ons net nog nader aan mekaar bring, want ek weet hoeveel jy het om te bied, en ek is oortuig dat onsmekaar iewers tussen hierdie lyne gaan raaklees. Hoop jy gaan ‘n baie gelukkige tyd hier hê en dat jy op daardie seepkissie gaan boer! Dankie vir die voorreg! x

  2. February 20, 2007 at 12:48 nm

    Halo daar, hierdie site is regtig ietsie besonders, as ek ietsie op die hart het sal ek dit defnitief nou met jou deel. Weet jy ek dink ook regtig dalk was dit vir jou net die beste besluit of te getrek het van die ander site af. Ek het so bietjie rondgekyk en ingegaan, maar daar is noggal baie verskillende karakters daar ek sal vir jou sê, so ek weet so in ‘n mate wat jy bedoel. Dankie dat jy my deel gemaak het van hierdie interesante site, dit is heel iets besonders, en niemand kan dit sien behalwe die wat weet van jou nie, praat weer met jou.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

February 2007
M T W T F S S
    Mar »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,892 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share