05
Apr
07

Net Groetjies

Ek het met hierdie blog begin om te dien as “nuusbrief” vir my familie in Namibia en Holland en intussen het dit ‘n bietjie afgewyk van die bedoeling.  Maar dit is ook goed so.  Vandag wil ek egter graag aan die klompie wat daar ver oor die water is groetjies sê.  Mag die fees in Paasfees met julle wees. 

Die mense aan die Namibkus neem Saterdag deel aan die jaarlikse Visvangkompetisie op Hentiesbaaai.  My ma het altyd baie hard aan die organisasie en kaartjieverkope gewerk en ek weet dat saam het my ouers en broers hulle skoene volgestaan om van die dag ‘n sukses te maak; of dit nou agter die musieksentrum of die pannekoektafels of by die inweegpunt was, werk was daar gewerk deur die klomp de Smitte.  Vir my pa gaan dit moeilik wees om hierdie jaar dit sonder sy maat te doen.  Sterk wees Pa!

Ek gaan Saterdag op Gansbaai by die Kreeffees ‘n stalletjie bedryf wat rugby aandenkings verkoop.  Kom soek gerus jou vlag of kep by my as jy in die omgewing is en kom gesels ‘n stukkie.  Ek hoor van die organiseerders ons gaan vir Robbie sien Leeuloop.   Die fees word deur die Laerskool aangebied om fondse in te samel en dit is elke jaar ‘n heel aangename geleentheid wat baie goed ondersteun word.   Daar word Kreef getrek en lekker gesmul.

Aan julle almal wens ek vir die naweek rus en vrede en veilige reise toe.  Mag julle weer stilstaan by dit wat hierdie naweek vir elkeen van julle in jul lewens beteken.  Tot Dinsdag, wederom!

NS – die wat al lank hier kuier, sal weet ek het onlangs ophou rook.  Dit is nou drie maande – jippee – en ek gebruik al vir ‘n maand nie meer enige pille of ander middels om te help nie.  Ek is baie ingenome en verras met myself.  Ek kan vanoggend my “nie-rokersverklaring” vir Discovery se Vitality indien en my punte opeis.  Ek herinner sommer ander nie-rokers wat lede is van Vitality om verklarings in te dien vir die puntetoekenning!


5 Responses to “Net Groetjies”


  1. 1 Charlene
    April 5, 2007 at 11:35 vm

    Hey, Jo

    You go girl………..ons almal staan bankvas agter jou!!!!!!!

    Dankie vir die wens, die selfde vir jou & jou gesin.

    Lovies
    Charlene

  2. 2 Fairydust
    April 5, 2007 at 12:12 nm

    Wow bly jy in Gansbaai? My ouma en tannie ook. Het die beste Desember vakansies daar deurgebring as kind, uilenkraalsmond ens. Het altyd op die rotse gaan loop by die “swembad” en die mooiste plekkies ontdek en name vir hulle gegee, die grot, die bed ens…My tannie is Emmie Kruger en my ouma Gertie Swanepoel. Ag as jy kan, wil jy nie ‘n foto van die hawemuur en die hawe vir ons opsit nie? Geniet jou paasnaweek, ek wens sooooooooo ek was daar!

  3. April 5, 2007 at 12:18 nm

    Hi Fairydust! Ek woon nie in Gansbaai nie, maar my dogter het vir so drie jaar uit haar ouma se huis daar skool gegaan. Dit is hoekom ek die skool help met hulle fondsinsameling. Ek sal nie naby die hawe uitkom nie, maar sal ander foto’s plaas. Geniet jou naweek!

  4. April 5, 2007 at 2:36 nm

    Hi Jo.

    Mooi blog. Keep it up.

    Frank Botha

  5. 5 mona
    April 5, 2007 at 11:15 nm

    Geluk Jo sonder die gifpyltjies! Voorwaar ‘n prestasie!

    Ek ken ‘n hele paar mensies wat dit nie kon regkry om daarsonder te funksioneer nie. Ek dink party mense vind dit makliker as ander, want vir sommiges is dit meer as net ‘n slegte gewoonte. Dit is ‘n emosionele kruk en daarsonder moet hulle ander maniere vind om van dag tot dag te survive.

    Ek het dit self nooit op die proef gestel nie, maar het baie simpatie met mense wat dit probeer los. Gelukkig val jy nie meer in hierdie kategorie nie. Way to go, Jo!!

    Persoonlik verkies ek manlief as hy rook, want hy is BAIE vriendeliker…! Hehe

    Lieflike Paasnaweek.

    Mona


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

April 2007
M T W T F S S
« Mar   May »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,959 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share