Hoe maak ons om te keer dat ons kleure hartseer en negatief gemaak word?
Swart. ‘n Kleur van styl, weelde en elegansie. Dit is die swart nommertjie wat altyd ‘n wenner is. Dit is die swart tuxedo wat net daardie “edge” aan ‘n reeds aantreklike man gee. Die groot blink swart motor wat glad oor die padoppervlak gly om jou in weelde by jou bestemming te besorg. Ek dink nie aan rou oor ‘n geliefde in kleur nie, derhalwe het swart vir my geen negatiewe konnotasie ingehou tot onlangs toe nie. Nou is daar ‘n swart strikkie in die veldtog teen misdaad en swart is “sad”.
Rooi. Die kleur van liefde, spoed en durf. Kleindogtertjie tyd het jy rooi hartjies geteken en later in jou tienerjare rooi lippie-soentjies agterop briefies se koeverte geplak. In Februarie is die winkels in rooi getooi met die belofte van romanse en groot bederf. Het elke seun daarbuite nie gedroom van ‘n rooi sportmotortjie wat vinnig om draaie rits nie? Raak die man in jou lewe nie weer seuntjie opgewonde by die aanskoue van ‘n rooi Ferraire wat platgedruk teen die pad verbyflits nie? Het jy al die durf in jou gemoed en die huppel in jou stap ervaar as jy ‘n vrolike rooi rokkie oor jou kop getrek het? Nou is daar ‘n rooi strikkie in die veldtog teen HIV/Vigs en rooi is “sad”.
Pienk. Pienk is die vlaggie by die Katolieke hospitaal wat vrolik wapperend die geboorte van ‘n dogtertjie aankondig. Pienk is ‘n kougom kleur. Pienk is die kleur van jou eerste balletskoene en pienk is die kleur van die marshmellows wat jy saam met jou maats gebraai het tydens ‘n pajama partytjie. Miskien was daar deur jou jongmeisiejare pienk blomme en miskien was daar iewers pienk confetti. Daar is pienk in die mooiste sonsondergang en onder flaminke se vlerke. Nou is daar ‘n pienk strikkie in die veldtog teen die bekamping van borskanker en pienk is “sad”.
Watter kleur gaan volgende gekies word om ons konstant te herinner aan die hartseer en lyding? Watter kleur gaan van sy glans beroof word om ons elke dag aan te moedig om te stry en te baklei teen euwels en die vermybare? Ek hoop dit is pers. Dit is ‘n kleur wat al klaar “sad” is en dit maak dus nie rêrig saak nie.









Geel? Sonskyn … Wonder maar net …
Ek het ook gedink geel!
“Tie A Yellow Ribbon Round The Ole Oak Tree”
(As recorded by Tony Orlando & Dawn)
IRWIN LEVINE
L. RUSSELL BROWN
I’m comin’ home I’ve done my time
Now I’ve got to know what is and isn’t mine
If you received my letter tellin’ you I’d soon be free
Then you’ll know just what to do if you still want me
If you still want me.
Woah tie a yellow ribbon round the ole oak tree
It’s been three long years, do ya still want me
If I don’t see a ribbon round the ole oak tree
I’ll stay on the bus, forget about us
Put the blame on me
If I don’t see a yellow ribbon round the ole oak tree
Bus driver please look for me
‘Cause I couldn’t bear to see what I might see
I’m really still in prison and my love she holds the key
A simple yellow ribbon’s what I need to set me free
I wrote and told her, please
Woah tie a yellow ribbon round the ole oak tree
It’s been three long years do ya still want me
If I don’t see a ribbon round the ole oak tree
I’ll stay on the bus, forget about us
Put the blame on me
If I don’t see a yellow ribbon round the ole oak tree
Now the whole damn bus is cheering
And I can’t believe I see
A hundred yellow ribbons round the ole oak tree
I’m comin home, mmm hmm
Tie a ribbon round the ole oak tree
Tie a ribbon round the ole oak tree
Tie a ribbon round the ole oak tree
Tie a ribbon round the ole oak tree
Tie a ribbon round the ole oak tree
Tie a ribbon round the ole oak tree
(c) Copyright 1972 by Tridem Music. (c) Copyright assigned 1973 Five Arts Music.
(c) Copyright assigned 1973 Levine & Brown Music, Inc.
- SONG HITS, Summer 1974.
Geel = Forgiveness?
Ek is nie ‘n strikkie-draer. Ek weet dis simbolies, maar dis vir my so ‘n maklike manier om “jou medelye te toon”, dat ek twyfel of dit in baie gevalle enigsins opreg is. Baie mense wat strikkies dra, weet nie eers presies waarvoor dit is nie. As jy regtig voel vir mense, help prakties, skenk geld of bid….of al3.
Awesome post vriendin. Durf ek comment op ‘n blogpost oor kleur?
Any colour as long as it’s black … although it’s only temporary until they find something darker … jy weet mos!
Daar is vir my niks sad aan swart nie, inteendeel dit maak my kalm, content, dit ontneem my van maskers, die unrehearsed weergawe van my.
Ons het koningsblou strikkies gedurende die nasionale week vir die dowes met klokkies aan, om die feit te celebrate dat ons kinders klank kan hoor en ervaar. So ons strikkies dien fisies d.m.v. klank ‘n doel om bewusmaking rondom ons cause te verhoog.
Ek stem egter saam Gerrie hierbo. Dis ‘n bandwagon ding vir my. Hoor my reg, die idee daaragter is great, maar strikkies is passief. Hulle hang net daar. Strikkies voorkom nie moord nie. Dit gaan nie keer dat ‘n kind verkrag word nie. Maar indien daar praktiese pro-aktiewe oplossings plaasvind in samewerking met die strikkies het ek geen probleem nie.
Rooi … eeck, só Valentines. Although gekombineer met swart kan dit ‘n awesome Goth look create. Blou werk ook vir my … let wel, vir my .. nie aan my nie. Groot verskil.
Mense staar hulle tans so blind teen al hierdie kleur-assosiasies dat hul vergeet om te stop en die werklike hartseer agter die simboliek raak te sien. What a pity .. en eintlik ironies … hoe kleurbewustheid en kleurblindheid ons land se geskiedenis onderskeidelik definieer. Go figure lol.
Lekker slaap Jo-Ann. Lol @ die luike! Dit het my dag gemaak!