26
Apr
07

Klaar, met ‘n sug en ‘n glimlag

Dit is alles klaar.  Dit is nou die trekstorie.  Alles in sy plek –  radio, ketel, rekenaar, drukkers, ensovoorts.  Goed, Telkom het nog nie gekom nie.  Hulle SMS darem dat hulle gaan kom.  Net so voor Kersfees reken ek.  *Sug*

Die krieket is vir baie mense ook klaar.  Wat ‘n teleurstelling.  Maar so gaan dit.  Ek het stil duim vasgehou, maar dit was egter tong-in-die-kies.   Nou wonder ek of ek ooit die voorreg gaan hê om ‘n krieket- of sokkerwêreldbeker in ons silwerwarekas te sien.  *nog ‘n sug*

Die werksweek is amper klaar.  Ek kan nogal gewoond raak aan ‘n vierdagwerksweek.  *’n groot glimlag*

My broer se kinders het vanoggend op ‘n bus wakker geword iewers in die Noord-Kaap en ek kan nie wag om die tweetjies te sien nie.  Ek het gister weer ‘n beriggie oor Sheldean Human se vermeende moordenaar gelees.  Dit is erg hartseer dat so pragtige kindjie nie vry en vrolik groot kon word nie.  Die foto hierby is deur my broer geneem en dit is hoe ons Chrissie is – ‘n huppelkind! 

Die oueraand by die skool is ook klaar. *baie groot glimlag*  Ek was nie lus om te gaan nie, maar my seun dring baie ernstig aan daarop.  Mens staan in sulke oneindige rye (of so voel dit) om vir 3 minute met die onderwyser te praat net om, in Kevin se geval, te hoor dat daar geen probleme is nie en dat Kevin “mature and intelligent and a pleasure in class” is.  Is Kevin egosentries dat hy die goed wil hoor?  Toe hy vra wat sê die onderwysers, het ek net geantwoord dat hulle sê hy praat te veel.  Dit het hom frustreer, maar ek het hom darem verlos van sy nuuskierigheid.  *nog ‘n groot glimlag*  Ek is trots op die mannetjie.  Ek hoef nie agter hom te staan oor sy skoolwerk nie.  Ek moes net al baie laat in die aand help met take wat op die nippertjie klaarkom.  Kevin is soort van ‘n “adrenalienjunkie” en ek raak grys daardeur. 

Kevin is in Fairbairn College, ‘n skool met mooi tradisies en ‘n geskiedenis van goeie prestasies op akademiese gebied.  Hulle spog graag met hulle suksesverhale.  In die portaal hang vele toekennings as een van die topskole in die Weskaap en daar hang ‘n nuwe “tribute”.  My selfoon se kamera is nie baie waffers nie en dit is jammer dat die kwaliteit nie goed is nie, maar hier is dit.  Dit is Ryan Ten Doeschate wat in 1998 aan Fairbairn College gematrikuleer het en hierdie jaar vir Holland in die krieket wêreldbeker uitgestap het.  Hy het nogal glad nie sleg gespeel nie.  Net jammer sy span was so vroeg in die toernooi klaar. 

Nou ja, dan maak ek nou maar ook klaar vir eers :-) .  En ek wens julle ‘n vreeslike lekker naweek toe!  


5 Responses to “Klaar, met ‘n sug en ‘n glimlag”


  1. April 26, 2007 at 9:09 vm

    Geniet jou lang naweek Jo-Anne!

  2. 2 lanab
    April 26, 2007 at 10:05 vm

    Dis n groot plesier Jo-Ann….

    Ek sal jou defnitief laat weet en met graagte gaan lewer ek drukkies af…..

    hoop jy het n wonderlike langnaweek….ek gaan ook bietjie op verlof…sal 8ste terug wees op kantoor…

    Liefde en groete
    troedels
    xxxx

  3. April 26, 2007 at 4:16 nm

    Ek sien Oupa Henk het by Lana B se Strandlopertjie gekuier. Mmmm, groen-groen. Lana, jy sal moet gaan drukkies aflewer en gou ook. :-) Chrissie en Elton het veilig in die Kaap aangekom en Chrissie se hare is in ‘n wipgat-bob gesny en sy lyk te grys vir woorde. Sy sê Oupa Henk wou in haar tas inklim, maar hy is net te groot. En sy het vertel van pannekoek wat Oupa Henk so lekker vir haar gemaak het en sy het vir my al die drukkies gegee wat vir my gestuur is. En Elton glimlag net daardie stil glimlag van hom – die een met die baie blink in die oog. Dankie Oupa! Vir al die drukkies wat afgelewer is. Môre gaan ons rondloop en vet pret hê!

  4. 4 Mona
    April 27, 2007 at 8:40 nm

    Geluk jong, jy het die pakkery oorleef! Nou kan julle lekker die naweek met daardie tweetjies geniet.

    Klink my Oupa Henk verdien een of ander award. Het julle hom ingeskryf vir daardie “Beste Oupa” kompetisie van Huisgenoot? Hy moes verseker met die prys wegstap!

    Geniet julle gate uit!

    Liefde
    Mona

  5. 5 Mona
    April 27, 2007 at 8:41 nm

    O skuus, en glimlag breed oor daardie oulike Kevin-knapie van jou.

    Liefde
    Mona


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Baie Gelees

  • Geen

Dis ek die…

Kalender

April 2007
M T W T F S S
« Mar   May »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,952 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share