Archive for February, 2008

29
Feb
08

Behold the Tale of Two Wolves

One evening an old Apache told his grandson about a battle that goes on inside people. He said, ‘My son, the battle is between two ‘wolves’ inside us all.

One is Evil. It is anger, envy, jealousy, sorrow, regret, greed, arrogance, self-pity, guilt, resentment, inferiority, lies, false pride, superiority, and ego.

The other is Good. It is joy, peace, love, hope, serenity, humility, kindness, benevolence , empathy, generosity, truth, compassion and faith.’

The grandson thought about it for a minute and then asked his grandfather: ‘Which wolf wins?’

The old Cherokee simply replied, ‘The one you feed.’

Author Unknown

27
Feb
08

Why did the chicken cross the road?

PhilDR. PHIL : The problem we have here is that this chicken won’t realize that he must first deal with the problem on ‘THIS’ side of the road before it goes after the problem on the ‘OTHER SIDE’ of the road. What we need to do is help him realize how stupid he’s acting by not taking on his ‘CURRENT’ problems before adding ‘NEW’ problems.

OOPRAH: Well, I understand that the chicken is having problems, which is why he wants to cross this road so bad. So instead of having the chicken learn from his mistakes and take falls, which is a part of life, I’m going to give this chicken a car so that he can just drive across the road and not live his life like the rest of the chickens.

GWBGEORGE W. BUSH : We don’t really care why the chicken crossed the road. We just want to know if the chicken is on our side of the road, or not. The chicken is either against us, or for us. There is no middle ground here.

CPCOLIN POWELL: Now to the left of the screen, you can clearly see the satellite image of the chicken crossing the road…

drsDR SEUSS : Did the chicken cross the road? Did he cross it with a toad? Yes, the chicken crossed the road, but why it crossed I’ve not been told.

EHERNEST HEMINGWAY : To die in the rain. Alone.

 GRANDPA : In my day we didn’t ask why the chicken crossed the road. Somebody told us the chicken crossed the road, and that was good enough.

JLJOHN LENNON : Imagine all the chickens in the world crossing roads together, in peace.

AARISTOTLE: It is the nature of chickens to cross the road.

BGBILL GATES: I have just released eChicken2007, which will not only cross roads, but will lay eggs, file your important documents, and balance your check book. Internet Explorer is an integral part of eChicken. This new platform is much more stable and will never cra…….. reboot.

AEALBERT EINSTEIN: Did the chicken really cross the road, or did the road move beneath the chicken?

bcBILL CLINTON: I did not cross the road with THAT chicken. What is your definition of chicken?

as AL SHARPTON : Why are all the chickens white? We need some black chickens
 

csCOLONEL SANDERS: Did I miss one?

 Thanks Lucincda! I really enjoyed this one….

25
Feb
08

Try me!

StressedDie laaste week of wat was ‘n uitdaging van soorte en dit gaan steeds voort. Ek het hierdie stukkie per e-pos ontvang en dit laat mens dink, jou kop optel en laat jou vir die lewe sê “bring it on!”

Smooth roads never make good drivers, Smooth seas never make good sailors,
Clear Skies never makes good Pilots.
Problem and hassle free Life never makes a strong person.
Be Strong enough to accept the challenges of Life.
Don’t ask Life, “Why Me? . Instead say “Try Me!”

So storm saam met my die week en die fin jaar einde en alles wat dalk voel soos ‘n “curve ball” en daag die lewe en al sy uitdagings uit met “Try Me!”

19
Feb
08

Holderstebolder

My arme blokkie word maar lekker afgeskeep.  Ek is te besig om te veel te dink aan die wêreld en sy dinge daarin en om iets anders as werk te doen.  Behalwe dat ek arme Mathilda gestamp het, net so effentjies maar tog, en nog met daardie drama ook vasgeknoop is, is dit ‘n gekkigheid by my op die oomblik. 

Ek het nog nie my tag geantwoord nie want ek lees nie nou nie.  Dit wat daar lê wat gelees moet word, se aanhalings gaan jou beslis verveel.

Ek het wel gelees van die goed waaroor ‘n ander blogger wonder en ek wonder ook, veral oor een ding….. is daar een sexy ou wat ‘n Harley het of is dit net een stereotipe (wat so effens lyk soos ‘n engelse Eugene Terrible Blanche) wat belangstel in Harley’s?  As daardie klub ‘n drag- en haarkode het, hou ek maar verby.

Die ander ding wat ek die laaste week geleer het, en môre weer gaan trotseer of ervaar, is dat ‘n fiets baie vinniger as ‘n motor is in Stellenbosch se hoofstraat. 

Wonder ook hoeveel van die bloggers het al ‘n draai gaan maak by die Monopoly World Vote  webtuiste?  Daar is net 10 dae oor om Kaapstad op die nuwe bord op te stem – gaan doen jou deel.  En stem elke dag.  Moenie mis nie want dan gly ons weer sommer vier posisies terug in een naweek. 

Gits, en daar vergeet ek deur alles dat die blokkie op 17 Feb een jaar oud geword het.  En die engelskind het gister 17 jaar oud geword.  Ek sal vanaand ‘n verskoning hê vir nog ‘n stuk swartwoudkoek en dan dink watter possies my gunstelinge is vir die ander tag wat ek gekry het.   Intussen sê maar net “ja swaer” soos daardie olie advertensie se ouens….. en werk voort.  Tot anderdag!

15
Feb
08

Cobus

Cobus Groenewald, 16-03-1965 tot 11-02-2008. Rus in vrede my vriend.

Cobus se Verhaal – hoe hy verlam geraak het en nie bly lê het nie. 

 Brokkies uit plaaslike koerante

cobus2.jpg  met-n-stokkie.jpg

cobus2.jpg  cobus1.jpg

14
Feb
08

Die Storie van die Swart Gevaar

Daar het jy dit….. soos vertel deur Fred Boshoff. Kliek vir groter weergawe….

ATT11

12
Feb
08

Lewensfeite vir Vroue

Hier is 26 lewensfeite vir vroue, deur Maretha Maartens, wat die moeite werd is om weer te hoor en te oordink….

1.  Die ego van ‘n trouman is so dun soos ‘n membraan. Bly weg van ‘n man met ‘n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer die pieperige ego’tjie skeur, gaan die eienaar jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

2.  Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

3.  Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wêreld bekend te maak.

4.  Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

5.  Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

6.  Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

7.   Soms is dit net een van daardie dinge!

8. Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

9. Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

10.  Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

11.  Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaar-ding lê ‘n skat van vrede opgesluit.

12. Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: “Ek voel gemaklik so.” Wat ons eintlik sê is “Ek voel ongemaklik oor myself.”

13.   God gee om.

14.   Die ouer wat ‘n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kind verloor.

15.  95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van ‘n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

16.  Egskeiding is nie ‘n onvergeetlike sonde nie, maar dis ‘n haaiaanvaal op kinders.

17.   Seks is veronderstel om lekker te wees.

18.  Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

19.   Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

20.  Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

21.   Kinders het hulle ouers se ore nodig.

22.  Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

23.   Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

24.   ‘n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. ‘n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

25.   Om net te wil hê is kinderagtig.

26.   As jy ‘n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat.

11
Feb
08

Cobus…

Rus sag, liewe Cobus, by God, rus sag.

08
Feb
08

Scattered Paper

Ek is grootgemaak deur ‘n wonderlike vrou. Een van die goed wat sy my baie hard probeer leer het, was om nie sleg te praat van mense nie. As ek nog begin het met ‘n storie, het sy my stil gemaak met, “as jy nie iets goeds wil sê nie, dan wil ek dit nie hoor nie….” Ek het al voorheen hierdie stukkie ontvang en bêre dit graag in die bladsye van my blog om in die toekoms dit maklik te kry as ek dit nodig het….

Once upon a time an old man spread rumors that his neighbor was a thief. As a result, the young man was arrested. Days later the young man was proven innocent. After been released he sued the old man for wrongly accusing him.

In court the old man told the Judge: “They were just comments, didn’t harm anyone.”

The judge, before passing sentence on the case, told the old man: “Write all the things you said about him in a piece of paper. Cut them up and on the way home, throw the pieces of paper out. Tomorrow, come back to hear the sentence.”

Next day, the judge told the old man: “Before receiving the sentence, you will have to go out and gather all the pieces of paper that you threw out yesterday.”

The old man said: “I can’t do that! The wind spread them and I won’t know where to find them.”

The judge then replied: “The same way, simple comments may destroy the honor of a man to such an extent that one is not able to fix it. If you can’t speak well of someone, rather don’t say anything.

Let’s all be masters of our mouths, so that we won’t be slaves of our words.

07
Feb
08

Monopoly Here and Now : World Edition – 22 days left

Komaaan, komaan, julle moet stem! Daar is net 22 dae oor en Kaapstad kan nog verby Sydney skuif – die gaping raak al hoe kleiner! Hoe kan ons toelaat dat die Ausies ons ore aansit? Gaan na monopolyworldvote.com en stem! Stem elke dag vir die volgende drie weke met al jou e-pos adresse. En vra al jou kennisse om ook so te maak!

Ranking




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

February 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,888 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share