18
Mar
08

Shooting Dogs – Beyond the Gates

VM2VMaMy seun het vir my gelag, maar dit was ‘n halfhartige lag; so al asof hy eintlik saam wou huil. Ek het nog min films gekyk wat my so ontstel het. Kan jy jou indink dat ‘n man voor jou staan en vra dat hy geskiet word? Dat hy dit vra omdat dit vinniger en minder wreed en sekerlik minder vernederend sal wees as die sekere dood wat hy later tegemoet moet gaan?

5 10321Ek het Hotel Rwanda gekyk omdat daar so baie media aandag daaraan gegee is. Natuurlik het dit my geskok en het ek van vooraf teleurgesteld gevoel in ons samelewing. Hotel Rwanda het my egter nie soveel geraak soos Shooting Dogs, ook bekend as Beyond the Gates, nie. Ek het laasnag sleg geslaap nadat ek gisteraand die film gekyk het.  Elke keer wat ek wakker geword het, het ek in my geestesoog beelde gesien van bebloede pangas (machete knives). ‘n Beraamde 800,000 mense het gesterf in hierdie menseslagting oor ’n periode van 100 dae. Meeste daarvan omdat hulle van die Tutsi etniese groep was; omdat hulle sogenaamde “kokkerotte” was. Die film het my genoop om bietjie te gaan oplees oor die geskiedenis en ek het redelik baie leeswerk bymekaar gemaak waarmee ek beslis ‘n paar dae besig gaan wees. Miskien sal ek later verstaan, maar oor hoekom niemand die slagting probeer keer het nie sal ek nie verstaan nie. Het die wêreld ‘n houding ingeslaan van “it is only Africans”?

rwaEk wonder of die UN en Amerika so magteloos en onoortuig sou wees om in te gryp as daar minerale rykdom en olie in oorvloed was in Rwanda soos byvoorbeeld in die Ivoorkus? Ek wonder of daar in so geval nog gevra sou word “what genocide”? Dit terwyl die stofstrate swart gekoek was van die bloevergieting en die UN soldate nie bereid was om meer te doen as om die honde wat aan die lyke wou eet te skiet nie. Agterna het Amerika gesê “oops sorry“….. en tien jaar later het die monster nog steeds verwoesting gesaai in ander vorme ….


10 Responses to “Shooting Dogs – Beyond the Gates”


  1. 1 BB
    Maart 20, 2008 at 9:52 vm

    Dit is damn sad – sjoe, kry ek nou dejavu… het onlangs op Wosonki dieselle woorde geuiter… elke keer as daar van Afrika gepraat word, lyk dit my is dit maar my reaksie?! Jy’s so reg! daar moet iets van waarde wees in ‘n land vir ‘n groot moontheid om te wil ingryp – en dit maak tog in ‘n mate ’sense’ ook. “What’s in it for me?” – Hoekom is daar bv. nog geen ingryping in Zim gewees nie?? Want ekonomies is daar wragtig niks daar wat ‘n 1ste wêreld land sy hande aan wil vuilmaak nie – en so gaan dit met die hele Afrika en SA is sterk op pad om die res van Afrika te volg – daar’s geen teken meer van SA wat die ‘leier’ is vir Afrika se opheffing en ontwikkeling nie – die res van die wêreld beur immer vorentoe en Afrika boer agteruit – it’s just the way it is – ain’t nothing you can do about it :(
    Nee, ek is geensins ‘n doemprofeet, maar ons kan skop en skree vir al wat ons werd is; ons gaan nie ‘n eeue-oue kultuur gewysig kry omdat dit vir ons senseless is nie – die kultuur is so na aan die grond as wat ons s’n na die wolke mik – so what as daar nie meer petrol is nie? dan ry ons maar weer donkiekar; so what as daar nie brood is, dan eet ons maar weer hompe mieliepap; so what as ek nie werk het nie – dan sit ek maar weer rustig voor my hut en kyk hoe die son my skadu rondskuif; ons verstáán nie die denkwyse en die tydloosheid en die ongelooflike primitiwiteit van daardie kultuur nie en geen maar geen opvoeding (akademies of moreel) gaan dit in ons leeftyd verander nie. En nie die UN of die VSA of enige ander moontheid sien enige nut of waarde in hierdie kontinent nie. En alhoewel my hart bloei vir die mense, moet jy tog ook die vraag vra hoe de hel ‘n overpopulated underfed population van miljoene siele vir enige ander land waarde toevoegend is eerder as net een groot las! Can you blame them?

    Jo-Ann’tjie – have a wonderful and blessed Easter! x

  2. Maart 20, 2008 at 11:11 vm

    Is dit nie die verskriklikste hartseer verhaal nie. Mens kan maar net jou kop skud en die Here vertrou vir ‘n beter more.

  3. Maart 20, 2008 at 9:32 nm

    Dit was baie erg. ‘n Paar jaar terug het ek ‘n Rwandees hier in Suid-Afrika ontmoet. Hy was wel belese en goed opgevoed, maar het ‘n beter lewe in Suid-Afrika kom soek. Na my gesels met hom, het ek met ander oe na die ander vlugtelinge in ons land begin kyk. Ek weet ons sit met ‘n vlugtelingprobleem hier, maar wanneer mens besef het daar is mense agter hierdie vlugtelinge, dan word dit baie moeilik om hulle weg te wens.

  4. 4 Zee
    Maart 22, 2008 at 11:32 vm

    Jo-Ann, ek het nie een van die twee films gesien nie maar jy maak my nou baie lus om hulle te gaan uitneem.

    ‘n Baie geseënde Paasfees vir julle!

  5. 5 boendoe
    Maart 25, 2008 at 4:53 nm

    Ek het Hotel Rwanda gesien, en dit was vir my rerig terrible. Sal graag Shooting Dogs ook wil sien.
    Die mens se inherente wreedheid is vir my moeilik om te sluk.

  6. Maart 28, 2008 at 12:32 nm

    Die ding wat my die meeste ontstel het van die fliek is nie noodwendig die menseslagting nie, alhoewel dit moeilik is om te glo dat ‘n lewe in Afrika so min werd is.

    Nee, die ontstellende ding vir my was dat “beskaafte” lande soos die VSA en meeste van Europa kon sit en toekyk en niks doen nie. Soos die bloeddorstige skares by roemynse sirkus het hierdie lande gesit en kyk hoe die mense uitgemoor word, en hulle het niks gedoen nie.

    Dit plaas nogal ons huidige posisie hier op die suidpunt in perspektief of hoe? Die boodskap is duidelik. As jy ‘n Afrikaan is – wit, swart geel, bruin – maak nie saak nie, moenie hulp van buite verwag die dag as dinge hier eskaleer tot volskaalse volksmoord nie. Ons is op ons eie, en daarom is dit so belangrik dat ons ons eie oplossings vir ons probleme vind.

  7. Maart 28, 2008 at 3:23 nm

    Ek wonder net wanneer is dit uiteindelik Genocide? Is dit Genocide omdat dit ‘n bepaalde groep mense oor ‘n kort periode van tyd is. Wat as dit ‘n bepaalde groep mense oor ‘n langer tydperk is? ‘n Lekkende kraan kan ook ‘n emmer vol maak, net stadiger. En maak dit saak of dit Afrikaan of Amerikaan is? Is mense nie mense nie en honde nie honde nie? Diere doen nie dit aan hul eie nie. Dit is angswekkend.

    Ek sukkel bietjie om op die internet in te kom…. vandaar die stilte! Dit is voor die storm!

  8. Maart 28, 2008 at 3:33 nm

    Die feit dat dit ‘n volgehoue en gekonsentreerde poging is om mense van ‘n sekere geloofsoortuiging/ras/kleur van kan te maak, maak dit genocide in my oë. Maak nie saak wat die tydsduur is nie.

  9. April 2, 2008 at 6:36 nm

    En nou het die swaard na aan die huis geval… Drie mans het ‘n verlangse familielid van my baas keelaf gesny vir ‘n paar rand. Dit het op Stanford gebeur. Ek het gedink die platteland is beter as die stad. Dit is sad.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Maart 2008
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,892 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share