Archive for April, 2008

25
Apr
08

Die Donkie bly maar ‘n Wonderlike Ding!

 

Ek het ‘n ou bekende by Lucinda gekry en wil dit graag hier in die bladsye van my blog bêre vir eendag se weer lees. Hier is ‘n les of twee te leer. :-)

 

One day a farmer’s donkey fell down into a well. The animal cried piteously for hours as the farmer tried to figure out what to do. Finally, he decided the animal was old, and the well needed to be covered up anyway; it just wasn’t worth it to retrieve the donkey.

He invited all his neighbors to come over and help him. They all grabbed a shovel and began to shovel dirt into the well. At first, the donkey realized what was happening and cried horribly. Then, to everyone’s amazement he quieted down.

A few shovel loads later, the farmer finally looked down the well. He was astonished at what he saw. With each shovel of dirt that hit his back, the donkey was doing something amazing. He would shake it off and take a step up.

As the farmer’s neighbors continued to shovel dirt on top of the animal, he would shake it off and take a step up.

Pretty soon, everyone was amazed as the donkey stepped up over the edge of the well and happily trotted off!

Life is going to shovel dirt on you, all kinds of dirt. The trick to getting out of the well is to shake it off and take a step up. Each of our troubles is a steppingstone. We can get out of the deepest wells just by not stopping, never giving up! Shake it off and take a step up.

Remember the five simple rules to be happy:

Free your heart from hatred – Forgive.
Free your mind from worries – Most never happen.
Live simply and appreciate what you have.
Give more.
Expect less

NOW …………

Enough of that moosh . . . The donkey later came back, and bit the farmer who had tried to bury him. The gash from the bite got infected and the farmer eventually died in agony from septic shock.

MORAL FROM TODAY’S LESSON:

When you do something wrong, and try to cover your ass, it always comes back to bite you.

24
Apr
08

Haal my af!

Ek klim vanoggend ‘n slag op my kissie om te raas want ek is woedend.  Dit is nou nadat ek my asem teruggekry het en nie meer voor die badkamerdeur hyg nie.  Ek is kwaad vir die een wat dink ek is haar “vriendin” en wat vir my die verdomde foto’s aangestuur het. Maar laat ek begin by die begin en as hierdie skoen jou ook pas, trek hom dan aan.  Vir die wat voel soos ek – wees bedag op “die “ander” foto’s van die N1 ongeluk”. 

Ek gebruik GMail vir privaat e-pos en ek het al vir heel party mense wat vir my e-pos stuur daardie knoppie van “always display images from this sender” gedruk.  So ook vir hierdie persoon van vanoggend wat my op haar “aanstuurlysie” het.  As sy my regtig geken het en haar dalk my vriendin geag het, het sy die pot vrek ver mis gesit met die een!  Ek WIL nie foto’s van dooie mense sien NIE en moet dus asseblief NIE dit vir my aanstuur NIE.  Ek het jou nou SPAM gemaak; so ook die een wat die e-pos oorspronklik vir jou gestuur het.  Haal my van jou adreslysie af. 

Ek het ongelukkig deur my e-posse gejaag sonder om regtig op te let na die opskrifte en toe daardie foto’s van die liggame van die gru ongeluk op die N1 voor my oopmaak was ek lam van skok.  Ek is een van daardie mense wat by ‘n ongelukstoneel verbyry sonder om links of regs te kyk omdat ek bang is dat ek dalk ‘n wreed verminkte liggaam sal sien en ek dit nie wil sien nie. Ek het eenkeer ‘n lyk gesien en vir nagte lank gesukkel om te slaap. Ek het die foto’s vinniger toegemaak as wat ek dit oopgemaak het, maar die een wat ek wel gesien het, is ingebrand in my geheue.

Ek wonder watter soort mens is dit wat die goed in die eerste plek uitgestuur het?  Het daardie persoon vir ‘n oomblik gaan sit en dink hoe persoonlik daardie laaste foto’s is?  Hoe sal daardie persoon daarvan hou as dit sy/haar ma/dogter/suster in daardie foto’s is?  Wat as daardie mense se pa/man/suster/dogter vandag die foto’s per e-pos ontvang?  Liewe hemel man, wat het van ons samelewing geword dat mense daarin ‘n behae het om na sulke foto’s te kyk?  Ek wil nie die persoon wat die foto’s begin versprei het ken nie.  En ek vra mooi dat ek uitgesluit word by adreslyste van mense wat so gevoelloos is om sulke goed aan te stuur. 

22
Apr
08

‘n Skoon Huis en Ander Dinge

 

Dit voel asof hierdie week soos die een voor hom wil verbystorm.  Gits, dit is al winter. Wel amper.  Net twee maande, dan draai Suider Afrika weer sy gesig nader na die son toe.  Dit is net die koue vir die volgende ongeveer 16 weke wat tussen ons en ‘n vrolike lente lê.  So kom Kersfees alweer nader.

Dit was net anderdag wat ek met my Pa lughawe toe is vir sy reis na Pakistan vir ‘n kontrak as masjienis ter see.  Die vier maande is alweer amper om.  Uit die e-posse van die boot af is dit baie duidelik dat Oupa Henk die dae ombid.  Dit is nie baie lekker om vir so lank so ver van jou mense te wees nie.  Hulle is net 7 bemanningslede op die boot en is gemoeid met bystand vir ‘n maatskappy wat betrokke is by ontginning van oliebronne in die see.  7 mans op ‘n boot vir 4 maande = knorpot, ‘n groote en plofbaar.  Ek dink hy kuier my en sy susters op as hy weer in die beskawing beland.  Ek dink ook nie hy sal sommer nog ‘n kontrak neem nie.  Dit betaal goed, maar dit is darem maar te lank en te ver en daar is beslis te veel voorskrifte en te min fyner geselskap. 

Ek is in my noppies met die Stormers se posissie in die S14 toernooi.  Ek is net bekommerd oor die beserings en hoop dat die ritme van die span nie versteur word nie.  Dit lyk my die kombinasie van Rassie en Jean werk.  Ek was nog nooit ‘n groot aanhanger van Jean nie en glad nie beïndruk met sy aanstelling as kaptein nie, maar ek eet deesdae bietjie “humble pie”.  Ek glimlag oor meer as net ondersteuner wees.  My beursie voel mooi sag rond.  Dankie manne – hoog tyd!

Wat noem mens dit as jy blogs slaafs lees maar nie kommentaar lewer nie?  Iewers het ek so half afbrekende term daarvoor gehoor en was sommer vies.  Ek lees blogs op my selfoon en lewer soms selfs kommentaar, maar oor die algemeen sê ek net iets as ek regtig ‘n bydrae het om te maak of ‘n punt wil stel. 

Ek moet ‘n aanbieding voorberei vir ‘n onderhoud vir ‘n pos waarvoor ek aansoek gedoen het.  En ek weet nog nie wat om te sê nie.  Sal maar bietjie moet rondkrap vir idees - gelukkig is daar heelwat tyd en ‘n langnaweek voor D-dag!  Ek dink ek moet by een of twee van die bloggers gaan kers opsteek sodra ek struktuur het vir wat ek wil doen. 

Nou ja, dit was ‘n slag tyd dat ek vir ‘n wyle my boud haak op die kissie en net “hoesit” sê.  Ek raak stil want ek is besig.  As WordPress besluit om steeks te wees, wat nogal verbasend baie is, verloor ek gou draad.  Ek het darem my kamera se batterye gelaai sodat ek vir OIP ‘n slag foto’s kan neem.  Daar is ‘n paar mooi herfsprentjies wat afgeneem wil wees.  Vir eers moet ek egter weer besig raak om my brood te verdien.  Arriverderci, au revoir, aufwiedersen, hasta la vista!

18
Apr
08

Weet jy van Vernon Koekemoer?

 

Hierdie is een van die manupilasies (deur Hennie Niemand) van die man Vernon.  Ek staan verstom oor hoe vinnig die karakter ontpop en bekend geraak het.  Vernon Koekemoer is eintlik ‘n ene Cassie Booyse van Brakpan en nou glad nie iemand saam met wie ek sal kuier nie.  Ek hou die storie dop om te sien waar dit gaan draai – ek verneem Vernon was nou al in ‘n Vodacom advertensie te sien.

Die mense wat vir Vernon Koekemoer aan Suid-Afrika bekend gestel het, is baie kreatief.  Daar is natuulik alle elemente ook en van die goed is in uiters swak smaak, maar daar is darem heelwat om oor te glimlag ook.   Gaan lees hier wie die man nou eintlik is en wat hy te sê het oor die hele storie en gaan kyk na sommer ‘n klomp voorbeelde van wat alles met sy foto aangevang is.  Dit is natuurlik net ‘n klomp twak, maar illustreer beslis die krag van die internet en hoe klein tegnologie die wêreld vir ons gemaak het. 

‘n Maand terug het ‘n man rustig ‘n drankie by ‘n geleentheid gedrink, en vandag weet duisende van hom.  Ek sou die man raakgesien het, my kop geskud het, aangeloop het en nooit weer aan hom gedink het nie.  Iemand het ‘n foto geneem en begin speel.  En kyk nou.

17
Apr
08

My Agt

Waaroor ek passievol is

  • eightcDie waarheid. Steel van my, beledig my, maar moet net nie vir my lieg nie.
  • ‘n Skoon wasbak. Ek kan nie rustig slaap met ‘n wasbak vol vuil skottelgoed nie.
  • Lees. Mense wat nie lees nie, mis baie.
  • Die see. Niks maak my so rustg soos die branders wat ritmies teen die strand breek nie.
  • My brakkie.
  • My kamera.
  • Die Namibkus.
  • Biltong en Bier.

Wat ek wil doen voor ek doodgaan

  • eightaLeer om vlot Hollands te praat.
  • Deur Europa reis.
  • Valskerm spring.
  • ‘n Boek skryf of ‘n unieke onvergeetlike foto neem.
  • Self wol spin en daarmee ‘n trui brei.
  • My vrees vir flik-flak oorwin – die rede hoekom ek gimnastiek gelos het. Ek dink net as ek nou ‘n flik-flak probeer en faal, eindig ek in traksie.
  • Die absolute perfekte eier bak. Ek is giftig met ‘n omelet en met ‘n souflé, maar hopeloos met eiers bak.
  • Seker maar ouma word.

Goed wat ek gereeld sê

  • eightbSê weer?
  • Dit sal die dag wees!
  • Oor my dooie liggaam!
  • Husse met lang ore.
  • Jy en watter army?
  • Net voor die perde horings kry…
  • Nogal / no kidding
  • Four-Five-Six! (Die hond luister onmiddelik!)

Liedjies wat ek gereeld kan luister

  • eightdConquest of Paradise
  • Theme from the Mission (die ritme daarvan laat my vlieg!)
  • I Am… I Said
  • Master Jack
  • Unchained Melody
  • Bohemian Rapsody
  • Op Blouberg se Strand
  • Tussen Treine

Boeke onlangs gelees (ek binge-lees ‘n skrywer, wat kan ek sê)

  • eighteNora Roberts – Blue Smoke
  • Nora Roberts – Angel Falls
  • Wilbur Smith – Triumph of the Sun
  • Wilbur Smith – Birds of Prey
  • Wilbur Smith – Warlock
  • Wilbur Smith – Monsoon
  • Deon Meyer – Feniks
  • Ena Murry – Omnibus 14
  • Besig met Susan Lewis se Missing

Flieks wat ek meer as een keer gekyk het of sal kyk

  • eightfThe Green Mile
  • Forest Gump
  • Castaway
  • Pretty Woman
  • Dances with Wolfes
  • Shawshank Redemption
  • Dear Hunter
  • Charriots of Fire 

Ek tag niemand nie. Is in elk geval te laat. :-)

16
Apr
08

Go Stormers

Ek doen stilletjies die dansie, die “ons het weer volpunte gewen” dansie….. en ek glimlag skalks terwyl ek dink aan kommentaar op my blog van vroeër die jaar. Ja, ek weet daar is nog ‘n lang pad, maar ons kan hierdie naweek na 3 toe skuif. Miskien. Hoop so. Hoe is dit dat die raserige Bulls onderstueners nou so stil is en al hul blou goedjies so effentjies weggepak is? Go Stormers, go Stormers. Sorry Bulls en Sorry Cheetahs. Mooi gemaak Sharkies.

10
Apr
08

Tel dit?

Ek is getag om te teken en kuns is een die vakke wat my nagmerries gegee het op skool.  Die ander een was naaldwerk.  

Ek neem foto’s en manupileer dit soms met groot moeite en baie geduld.  Maar teken?  Ek kon nie eens ‘n stokmannetjie regkry dat dit nie lyk of dit een of ander misvormende siekte onder lede het of dalk besig is met ‘n KFC skud advertensie nie.  Een van my pogings het gelyk soos ‘n dooie spinnekop.  So Sonkind en al julle ander taggers – hier is my prent.   Ek maak dan nou maar klaar met hierdie tag.

Ek wonder so in my stilligheid waar ek moedeloos op my kissie sit of daar ander is wat sukkel met “time-out” van BlogDesk af en of die nuwe “image uploader” ander ook grys hare gee.  Sê maar.  

Mmmmm… rugby op Nuweland die naweek.  Hierdie Stormer bly mooi rustig want sy weet dit is maar halfpad, maar doen darem stilletjies die “Go Stormers!” dansie….

02
Apr
08

Swart en Wit Belasting

267866

Verlede week het ek weer so oor die boek se rand na ‘n fliek op M-Net gekyk naamlik Something New. Dit het gegaan oor ‘n meerrassige verhouding. Die vrou was swart en die man wit; sy in ‘n goeie aanstelling by ‘n prokureursfirma van soorte en hy ‘n tuinboukundige. Ek het eers nie regtig gekyk nie totdat ek die eerste keer die frase “black tax” gehoor het uit die dame se mond. Sy was moeg daarvoor om “black tax” te betaal. Hedendaags verwys die begrip “black tax” na die mening dat swart mense twee keer so hard moet werk en presteer as wit mense om dieselfde erkenning te kry. Ek het die fliek toe klaar gekyk om te sien waaroor gaan die “black tax” sage. Die fliek het my aan die dink gesit en dit het my ook wrewelrig laat voel; wrewelrig omdat die fliek soos geromantieseerde poging tot  breinspoeling voel omdat ek gekant is teen meerrasige verhoudings.

Wie kyk nog MNet? Gits, daar word nou omtrent op ‘n weeklkse basis ‘n rolprent gewys wat die sondes van ons apartheidsvoorvaders oopkrap en opdis. Ek het ‘n afstandbeheer en span hom in as dit my krap. En dit krap my die laaste tyd erg, veral omdat ek myself nie kan verseenselwig met die uitbeelding van die Afrikaners in die stukke nie.

Ek voel soms dat ek verplig word om skuldig te voel oor ‘n verlede waarin ek geen besluitreg gehad het nie. Ek was in Walvisbaai en ek was ‘n kind. Toe ek my kruisie uiteindelik kon trek, het ek hom getrek in belang van demokrasie. Wat noem ons egter vandag hierdie “beter demokratiese” SA? Ek dink dat iemand lugkastele gebou het en met die verfslag agtergekom het daar is groot fout.

Die vroulike karakter, Kenya, het in die fliek gekla oor “black tax”. Ek is nou dik betaal aan SA se wit belasting. Moeg vir hierdie idee dat ons generasie moet jammer sê vir dinge wat buite ons beheer was. Ek is keelvol daarvoor om te hoor dat ek wel baie goed gekwalifiseer is vir ‘n pos en onder ander omstandighede dié kandidaat sou gewees het, maar in die belang van verteenwoordiging kan ek nie aangestel word nie. Ek is moeg daarvoor om te hoor van die skade van apartheid en van agtergeblewenes. Van waar ek staan, bly ek agter en gaan dit uitstekend met die “black diamonds”.

14 Jaar terug was hierdie ‘n land met gemengde emosies, maar in die oë van die wêreld was ons ‘n voorbeeld van demokrasie. Baie mense wat vir die eerste keer kon stem, was verheug by die vooruitsig en ek weet hoe ek oor daardie reg voel, dus kan ek myself net indink hoe iemand sal voel wat moes baklei daarvoor. Net jammer hulle stemme was nie altyd regtig ‘n ingeligte besluit nie. Maar daarvoor het ek seker maar ook my wit belasting betaal, want dit is mos my apartheidsvoorvaders se skuld dat die mense nie geletterd is nie en derhalwe nie ingelig is nie.

Daar was baie mense wat bekommerd was oor die toekoms van hierdie land onder die nuwe regering. Baie vrese was aanvanklik besweer. Ek het groot respek ontwikkel vir die man met ons beursieplanne, want dit was duidelik dat hy weet wat hy doen en dat hy dit goed doen. So goed het die wêreld gedink dat ons die voorreg gewen het om ‘n sokkerwêreldbeker aan te bied.

En toe begin die nate lostorring en die pap op die grond val. Want sien, onderhoud aan daardie lugkastele moes skielik begin en al die wit belasting het toe nie ‘n snars gehelp om hierdie land gereed te hê vir die grootskaalse agterstallige onderhoud wat nou voor ons deure lê nie. En dit net toe die eerste tekens van ‘n slegte tyd in die wêreldekonomie begin wys het. Nou is ons op hierdie afdraende pad sonder remme en daar is ‘n skerp draai of twee in die pad. En helse groot slaggate waar mens dit die minste verwag.

Soveel mense wat nou vir die land se krisis ‘n aanwins kon wees, kon nie met die wit belasting saamleef nie en het hulle kennis en ervaring elders gaan verkoop waar daar ‘n vriendelike en lonende mark voor was. Nou moet ons daardie kennis ten duurste invoer tot nadeel van ons almal.

Elke dag wat verbygaan raak dit al moeliker. Hoekom is daar soveel leë rakke in die supermark met “supplier out of stocK” kennisgewings? Hoe is dit moontlik dat my gekose waspoeier in ‘n maand met R10,00 per kilogram styg? As een enkele groot brandstofstyging en verwagte tariefverhogings vir elektrisiteit so ‘n invloed op een item het, wat wag nog op ons na die laaste brandstofstyging.

My seun was klein toe ons die nuwe SA geword het. My seun is volgende jaar stemgeregtig. Ek kyk na hom en ek wonder hoe lank hy in SA gaan bly na matriek en verdere studies. Sal hy voortgaan om wit belasting te betaal of gaan hy ‘n plek soek waar net jou vaardigheid en kennis oorweeg word? Waar daar nie in die koerante en op webtuistes afkortings is wat vir jou laat verstaan dat jy nie eens moeite moet doen om te probeer nie. Afkortings wat bevestig dat jy vir nog lank gaan wit belasting betaal al val daar gate in die paaie in en al raas ‘n kragopwekker in die agtergrond. Al stuur ons reguit op die ysberg af.  Dit is tog so jammer dat wit belasting ‘n negatiewe eenheid is wat waarde ontneem in plaas van waarde toevoeg.




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share