02
Apr
08

Swart en Wit Belasting

267866

Verlede week het ek weer so oor die boek se rand na ‘n fliek op M-Net gekyk naamlik Something New. Dit het gegaan oor ‘n meerrassige verhouding. Die vrou was swart en die man wit; sy in ‘n goeie aanstelling by ‘n prokureursfirma van soorte en hy ‘n tuinboukundige. Ek het eers nie regtig gekyk nie totdat ek die eerste keer die frase “black tax” gehoor het uit die dame se mond. Sy was moeg daarvoor om “black tax” te betaal. Hedendaags verwys die begrip “black tax” na die mening dat swart mense twee keer so hard moet werk en presteer as wit mense om dieselfde erkenning te kry. Ek het die fliek toe klaar gekyk om te sien waaroor gaan die “black tax” sage. Die fliek het my aan die dink gesit en dit het my ook wrewelrig laat voel; wrewelrig omdat die fliek soos geromantieseerde poging tot  breinspoeling voel omdat ek gekant is teen meerrasige verhoudings.

Wie kyk nog MNet? Gits, daar word nou omtrent op ‘n weeklkse basis ‘n rolprent gewys wat die sondes van ons apartheidsvoorvaders oopkrap en opdis. Ek het ‘n afstandbeheer en span hom in as dit my krap. En dit krap my die laaste tyd erg, veral omdat ek myself nie kan verseenselwig met die uitbeelding van die Afrikaners in die stukke nie.

Ek voel soms dat ek verplig word om skuldig te voel oor ‘n verlede waarin ek geen besluitreg gehad het nie. Ek was in Walvisbaai en ek was ‘n kind. Toe ek my kruisie uiteindelik kon trek, het ek hom getrek in belang van demokrasie. Wat noem ons egter vandag hierdie “beter demokratiese” SA? Ek dink dat iemand lugkastele gebou het en met die verfslag agtergekom het daar is groot fout.

Die vroulike karakter, Kenya, het in die fliek gekla oor “black tax”. Ek is nou dik betaal aan SA se wit belasting. Moeg vir hierdie idee dat ons generasie moet jammer sê vir dinge wat buite ons beheer was. Ek is keelvol daarvoor om te hoor dat ek wel baie goed gekwalifiseer is vir ‘n pos en onder ander omstandighede dié kandidaat sou gewees het, maar in die belang van verteenwoordiging kan ek nie aangestel word nie. Ek is moeg daarvoor om te hoor van die skade van apartheid en van agtergeblewenes. Van waar ek staan, bly ek agter en gaan dit uitstekend met die “black diamonds”.

14 Jaar terug was hierdie ‘n land met gemengde emosies, maar in die oë van die wêreld was ons ‘n voorbeeld van demokrasie. Baie mense wat vir die eerste keer kon stem, was verheug by die vooruitsig en ek weet hoe ek oor daardie reg voel, dus kan ek myself net indink hoe iemand sal voel wat moes baklei daarvoor. Net jammer hulle stemme was nie altyd regtig ‘n ingeligte besluit nie. Maar daarvoor het ek seker maar ook my wit belasting betaal, want dit is mos my apartheidsvoorvaders se skuld dat die mense nie geletterd is nie en derhalwe nie ingelig is nie.

Daar was baie mense wat bekommerd was oor die toekoms van hierdie land onder die nuwe regering. Baie vrese was aanvanklik besweer. Ek het groot respek ontwikkel vir die man met ons beursieplanne, want dit was duidelik dat hy weet wat hy doen en dat hy dit goed doen. So goed het die wêreld gedink dat ons die voorreg gewen het om ‘n sokkerwêreldbeker aan te bied.

En toe begin die nate lostorring en die pap op die grond val. Want sien, onderhoud aan daardie lugkastele moes skielik begin en al die wit belasting het toe nie ‘n snars gehelp om hierdie land gereed te hê vir die grootskaalse agterstallige onderhoud wat nou voor ons deure lê nie. En dit net toe die eerste tekens van ‘n slegte tyd in die wêreldekonomie begin wys het. Nou is ons op hierdie afdraende pad sonder remme en daar is ‘n skerp draai of twee in die pad. En helse groot slaggate waar mens dit die minste verwag.

Soveel mense wat nou vir die land se krisis ‘n aanwins kon wees, kon nie met die wit belasting saamleef nie en het hulle kennis en ervaring elders gaan verkoop waar daar ‘n vriendelike en lonende mark voor was. Nou moet ons daardie kennis ten duurste invoer tot nadeel van ons almal.

Elke dag wat verbygaan raak dit al moeliker. Hoekom is daar soveel leë rakke in die supermark met “supplier out of stocK” kennisgewings? Hoe is dit moontlik dat my gekose waspoeier in ‘n maand met R10,00 per kilogram styg? As een enkele groot brandstofstyging en verwagte tariefverhogings vir elektrisiteit so ‘n invloed op een item het, wat wag nog op ons na die laaste brandstofstyging.

My seun was klein toe ons die nuwe SA geword het. My seun is volgende jaar stemgeregtig. Ek kyk na hom en ek wonder hoe lank hy in SA gaan bly na matriek en verdere studies. Sal hy voortgaan om wit belasting te betaal of gaan hy ‘n plek soek waar net jou vaardigheid en kennis oorweeg word? Waar daar nie in die koerante en op webtuistes afkortings is wat vir jou laat verstaan dat jy nie eens moeite moet doen om te probeer nie. Afkortings wat bevestig dat jy vir nog lank gaan wit belasting betaal al val daar gate in die paaie in en al raas ‘n kragopwekker in die agtergrond. Al stuur ons reguit op die ysberg af.  Dit is tog so jammer dat wit belasting ‘n negatiewe eenheid is wat waarde ontneem in plaas van waarde toevoeg.


6 Responses to “Swart en Wit Belasting”


  1. April 2, 2008 at 4:00 nm

    I came across your blog on Technorati. Nice site layout. I will stop by and read more soon.

    Mike Harmon

  2. April 4, 2008 at 7:40 vm

    Jo, beter kan niemand dit stel nie. Baie goed. Ek voel nes jy. Ek wil op Tafelberg gaan staan en so hard moontlik skree “genoeg!” Niemand sal luister, maar ek sal beter voel.

  3. 3 BB
    April 4, 2008 at 7:45 vm

    Ek kyk na daardie een sinnetjie hierbo: “Net jammer hulle stemme was nie altyd regtig ‘n ingeligte besluit nie.” – en dit strike my: netsoveel generasies het bv destyds NP gestem deur dekades heen – daar moes hordes en skares jong stemgeregtigtes (en dalk ook vroue?) gewees het wat maar gestem het soos oupa en pa gestem het.
    Buite ons beheer?? Ek weet darem nie altyd so mooi nie…
    Dit verras my dus gladnie dat daardie stemme steeds (ook vir toekomstige verkiesings) ‘oningelig’ sal wees nie. Monkey see – monkey do. En die feit dat selfs in Zim se benardste ekonomiese toestand Mugabe steeds amper 50% stemme kry?!
    Ek is ook redelik g@tvol vir die ‘agtergeblewenes’ se verwysing na Apartheid – en dit kom time-n-again uit die mond van van die mees opgeleide en vooruitstrewende (en opgevoede??) swartmense. Waar dink jy gaan Pandor se kinders skool? Privaat!! Waar dink jy sien ons edelagbare Minister van Gesondheid ‘n dokter? Jip, privaat! Maar moan, met einste witbrood onder die arm. Snaaks dat ons teagirl by die werk nie sulke uitsprake maak nie, of die tuinboy of die messelaar op die hoek van Voortrekker en Adcock Str…
    My dogter swot tans onderwys. Sy het ‘n duitse paspoort. Met haar passie en doelgerigtheid in die lewe hoop ek regtig dat sy daar ‘anderkant’ ‘n loopbaan (en lewe) gaan bou, voor die sterre in haar oë ook verdoof…

  4. April 4, 2008 at 1:01 nm

    BB, ek hoor wat jy sê. Mens moet darem regtig dommer as grond wees om te hoor hoe die son en die maan en die sterre na baie jare nog steeds aan jou belowe word deur dieselfde mense en net nie gelewer word nie. Dit terwyl brood al hoe duurder en duurder word en jou geldjie nie so vinnig meer word nie. En die blink Mercedese van die wat beloftes maak groter en blinker raak.

    Miskien gooi iemand iets in die drinkwater om mense dom te hou. In die dae van die ossewa kon ek glo dat mense oningelig kon bly. Met vandag se hope koerante, radio in elke huis/op elke skouer, selfoon in almal se sak, is dit vir my net nie meer aanvaarbaar dat mense “oningelig” bly nie. Hulle wil nie ingelig wees nie. Hulle wil dom soos grond bly, want apartheid is daar om te blameer. Lui bly lui en dit is Afrika die. Die generasie wat nie KON leer lees nie het al byna uitgesterf; die wat gaan vir leeslesse is meestal ou mense met min hare en tande. Daar is ‘n absolute minderheid wat nie tot inligting toegang het nie.

    Zimbabwe? Ek dink dat wat ookal Malbob onder lede het, steek aan.

  5. April 5, 2008 at 7:11 vm

    Dit wil my voorkom asof daar van swart kant gedink word rassisme is iets wat net van wit kant gepleeg kan word. Hopelik is daar ook mense van alle kleure wie se oë oop is. Maar ek weier om sulke flieks te kyk.

    BB, weet jy ek het aanvanklik ook maar NP gestem agter my ouers aan, maar later, dis nou in die laaste jare van apartheid het ek darem my eie oorwegings gemaak ook, en aangesien die NP toe besig was met hervorming, die enigste ander keuses was ‘n party wat aan apartheid wou vasklou, of een wat sommer die mag sou weggee sonder om vir ons die grondwet te onderhandel wat die NP darem vir ons onderhandel het. Net jammer dat die NP nie in hulle wildste drome kon voorsien hoe ver hierdie mense dit sal voer men AA en BEE ens. en nie klousules ingeskryf het wat diskriminasie in alle vorme verbied nie, of is dit dalk daar en word net geignoreer?

  6. April 5, 2008 at 3:18 nm

    Ek voel saam met julle. Ek het geen deel aan apartheid gehad nie, al het ek in daardie era grootgeword. Ek het nog nooit iemand van ‘n ander kleur te nagekom a.g.v. sy ras nie. Ek het nog nooit enige anderskleurige doelbewus verneder, verkleineer of as minderwaardig beskou nie. Ek is moeg betaal aan ander se k@k….


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,892 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share