Ek is getag om te teken en kuns is een die vakke wat my nagmerries gegee het op skool. Die ander een was naaldwerk.
Ek neem foto’s en manupileer dit soms met groot moeite en baie geduld. Maar teken? Ek kon nie eens ‘n stokmannetjie regkry dat dit nie lyk of dit een of ander misvormende siekte onder lede het of dalk besig is met ‘n KFC skud advertensie nie. Een van my pogings het gelyk soos ‘n dooie spinnekop. So Sonkind en al julle ander taggers – hier is my prent. Ek maak dan nou maar klaar met hierdie tag.
Ek wonder so in my stilligheid waar ek moedeloos op my kissie sit of daar ander is wat sukkel met “time-out” van BlogDesk af en of die nuwe “image uploader” ander ook grys hare gee. Sê maar.
Mmmmm… rugby op Nuweland die naweek. Hierdie Stormer bly mooi rustig want sy weet dit is maar halfpad, maar doen darem stilletjies die “Go Stormers!” dansie….









Dis nou so ‘n liefdevolle prentjie. Pragtig
Ek hou van jou kleurkombinasie! Nou wie het nou ooit gesê pienk en rooi gaan nie saam nie
Jou prentjie is heel mooi. Nikita (Chessaleeinlondon) het so gesukkel sy wil sommer wordpress verlaat. Ek gebruik blogdesk en het nie ‘n probleem nie, maar dan het ek nou weer so min gedoen die laaste tyd. Na Nikita gekla het, het ek die image uploader getoets en kon ook niks fout kry nie.
Geniet die naweek Jo. Jou prentjie is kleurvol en glad nie sleg nie.
Sorry, jy is alweer ge-tag op my blog.