Ek doen stilletjies die dansie, die “ons het weer volpunte gewen” dansie….. en ek glimlag skalks terwyl ek dink aan kommentaar op my blog van vroeër die jaar. Ja, ek weet daar is nog ‘n lang pad, maar ons kan hierdie naweek na 3 toe skuif. Miskien. Hoop so. Hoe is dit dat die raserige Bulls onderstueners nou so stil is en al hul blou goedjies so effentjies weggepak is? Go Stormers, go Stormers. Sorry Bulls en Sorry Cheetahs. Mooi gemaak Sharkies.
16
Apr
08









Al is ek nou nie ‘n rugbyfan nie doen ek die dansie saam met jou, anders as die res van my gesin en party familie wat een of ander redes gekry het om Bulls-aanhangers te word bly ek anti-Bulls. Ek hou van jou donkiekarfoto op op jou ander blog, ek sal 100x eerder nou daar wil donkiekar ry as enigiets anders.
Ja nee, ons blou bulle het ons lekker gehad, nou moet ons maar ons pak vat soos hy kom. Rassie doen mooi dinge met die Stormers, welgedaan.
Ek dink ek moet ook my blou goedjies onder die bed gaan wegsteek!
So val die helde een vir een. Sterkte vir jou span!!!!!!!!
Die Stormers doen mooi en my hart klop sommer peanuts en rooiwyn hier in die verte!
Biltong en Bier! My volbloed Bulls neef in Walvisbaai, Jaco die afvallige, is doodstil. Die possies van verlede jaar is diep saam met die horings en ander swaaiende goed weggesteek. Die wiel draai. Altoos.
Ek was op Nuweland Sa’rag toe my span darem ‘n slag vir die tuisskare gewys het hulle kan.
Fantasties!
Skoor, vertel bietjie waar julle parkeer en kuier? Toevallig by Laerskool Grootte Schuur? En het jy toevallig by die Blou Gazebo ‘n kopie gemaak? Sien julle Saterdag weer daar – en kom koop gerus – ek behoort Cowboy hoede in te hê – was vroeg uitverkoop!
Nee man, ons park ver van die veld, Spoorweg paviljoen kant van die Kaap. Dan stap ons onsself flou, maar dit maak die huis toe gaan soveel makliker. Ek bang maar om aan die party te raak in die Kaap, netnou ry ek Transvaal toe i.pv. huis toe! Wat ‘n bummer sal dit nie wees nie.
Ons gaan nie Saterdag nie, maar ek sal jou definitief kom opsoek as ek Nuweland weer tref, dit kan jy weet.
Ek het die gestreepte hoede gesien in een van die pubs, en het gewens ek het so een. Joune ook die Disa voor-op?
En weer! Lekker man!
Ai, nou begin die Bulle ook weer wen – die verslae uitdrukkings op die ondersteuners se gesigte op TV, was, hoe sal mens nou se….Priceless! Sien jou Sa’rag, ons het kaartjies gekry. Beduie weer waar jy staan?
Hi Skoor – ek het die Blou Gazebo op die gronde van Laerskool Grootte Schuur in Camp Ground weg. Die parkering is R40 per motor en daar word gebraai en gekuier van vroeg af. Ek sal Saterdag die WP en Stormers Cowboy hoede beskikbaar hê. Sien jou daar!