Archive for Mei 9th, 2008

09
May
08

Baie Geluk BB!

Baie geluk Birgit! Ek lees hierdie artikel vandag in Huisgenoot en ek weet julle moet nog wag vir julle uitgawes – geniet hierdie solank.  (Kliek vir ‘n groter weergawe). 

Titelsnit nogal!  Jy is nie van hier nie, né?  Nou moet ons nog net ‘n Stormer maak van jou…..

Maak gerus weer nuus – goeie nuus soos hierdie! 

09
May
08

Kan ZIBI weer kom help?

Ek het my weer die naweek vervies vir ‘n vuil parkeerarea by ‘n winkelsentrum – al wat oor is na besigheidsure. En toe dink ek terug na die “goeie ou dae” en ou Zibi van die 80’s . Net ons ouer mense sal daardie ou volstruisie onthou wat ons mooi aangemoedig het om dit te Zip in die Zibi-blik (Zap it in the Zibi-can). Nou wonder ek of daar enige siel is wat dalk ‘n ou prentjie van Zibi het? Ek kon net ‘n klankgreep van Springbokradio opspoor en dan is daar ‘n video wat wys hoe ‘n paar mense Zip of Zap. Wat het van daardie kultuur geword? Hoekom laat val mense net daar waar hulle staan hulle leë skyfiepakkies en ander gemors? Wat leer ouers deesdae hulle kinders? Ek dink dit is tyd dat ou Zibi moet terugkom en sorg vir ‘n nuwe “Zip dit innie Zibi Blik” generasie…

Lekker naweek! En mag die Stormers weer so maak… soos mens moet maak as jy verstaan van daardie bal se hop…




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,892 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share