Ek gaan nie name noem nie – tag jouself met die een of lewer sommer net hieronder kommentaar….
- Wat is jou gunsteling sjokolade?
en
- Wat is twee van jou alternatiewe bederfies?
Myne is donkersjokolade met ‘n lemoengeurtjie. Ek eet dit net so een of twee keer per jaar en dit is altyd ‘n absolute smaaksensasie waaroor ek sou kon boeke skryf.
My alternatiewe bederfies is goed wat my familie nie eet nie en wat my tone laat krul van lekkerte. Dit is peppadews en swart olywe. Ek eet olywe terwyl die ander skyfies eet. Peppadewrepies bo-op roomkaas op ‘n soutbeskuitjie is maar net die lekkerste lekkerte terwyl jy met jou neus diep in ‘n boek stil raak of met ‘n ou nattetjie in die hand sit en kuier.
Ek het myself gister dubbel en dwars bederf op ‘n ”kinderlose” Moedersdag.









Kommentaar