Net soos met Sonkind ontwyk ‘n foto uit die era van matriek my. Ek aanvaar onbenoemd haar tag en sit twee foto’s van my kleintyd hier….
Die eerste foto is op my eerste verjaarsdag geneem. Ek was blykbaar glad nie beindruk met ‘n kamera nie. Ook nie met die sjokoladekoek wat later aan my voorgesit is nie. Hierdie foto is vir my spesiaal omdat dit deur my pa gebruik word as boekmerk in sy Bybel. Ek het dit met sy laaste kuiertjie geskandeer.
Die tweede foto is geneem to ek 4 jaar oud was. My bruin hare was blond teen daardie tyd. Dit is seker omdat ons feitlik altyd die hele dag buite gespeel het. Kyk bietjie hoe skeef is daardie pophuisstoeltjie gesit! Die voet makeer niks wat seep en water nie later reggemaak het nie. Ek was darem baie vriendeliker met iemand agter ‘n kamera teen daardie tyd. Altwee die foto’s is geneem in ons erf by die Rietfontein romery (tussen Otavi en Grootfontein). Ek het mos al voorheen gesê ek is die melkman se kind…..
Ek het op die foto afgekom en moet dit bysit net om te wys dat ek darem hier teen vyfjarige ouderdom goed kon lyk as ek vars uit die bad kom…. ons was oppad fliek toe of iets. Op die foto is my oom en oudste broer by my.










Kommentaar