28
May
08

Kleintyd se Merk

Net soos met Sonkind ontwyk ‘n foto uit die era van matriek my.  Ek aanvaar onbenoemd haar tag en sit twee foto’s van my kleintyd hier….

Die eerste foto is op my eerste verjaarsdag geneem.  Ek was blykbaar glad nie beindruk met ‘n kamera nie.  Ook nie met die sjokoladekoek wat later aan my voorgesit is nie.  Hierdie foto is vir my spesiaal omdat dit deur my pa gebruik word as boekmerk in sy Bybel.  Ek het dit met sy laaste kuiertjie geskandeer.

 Die tweede foto is geneem to ek 4 jaar oud was.  My  bruin hare was blond teen daardie tyd.  Dit is seker  omdat ons feitlik altyd die hele dag buite gespeel het.  Kyk bietjie hoe skeef is daardie pophuisstoeltjie gesit!  Die voet makeer niks wat seep en water nie later reggemaak het nie.  Ek was darem baie vriendeliker met iemand agter ‘n kamera teen daardie tyd.  Altwee die foto’s is geneem in ons erf by die Rietfontein romery (tussen Otavi en Grootfontein).  Ek het mos al voorheen gesê ek is die melkman se kind….. 

Ek het op die foto afgekom en moet dit bysit net om te wys dat ek darem hier teen vyfjarige ouderdom goed kon lyk as ek vars uit die bad kom…. ons was oppad fliek toe of iets.  Op die foto is my oom en oudste broer by my.

 


14 Responses to “Kleintyd se Merk”


  1. Mei 28, 2008 at 8:37 vm

    Snaaks hoeveel blonde dogtertjies raak brunette. Sorry, blonde seuntjies se hare raak ook donker. Dit was die geval met my en my broer.

  2. Mei 28, 2008 at 9:08 vm

    Jy is pragtig, :-) ek moet bieg, my seun se voete lyk ook gewoonlik saans so, skropborsel en Sunlightseep is al wat hom skoon kry!!!

  3. Mei 28, 2008 at 10:00 vm

    Dit is te pragtig!

  4. Mei 28, 2008 at 10:29 vm

    Melkman se kind… jy was ‘n mooi dogtertjie! Ek hou van daai “pose” op die stoeltjie, vuil voete en al!! ;-)

  5. Mei 28, 2008 at 11:45 vm

    Al op vier ‘n regte lady! Kyk net hoe oulik is die beentjies gekruis. :wink:

  6. Mei 28, 2008 at 1:38 nm

    Ek stem saam Dellie, klaar ‘n lady. Te cute

  7. 7 Jo-Ann Schou
    Mei 28, 2008 at 2:16 nm

    *knie-buiging* Waar was daardie dae tog….

    Ek en my oudste boetiegoed en ons bure se twee kinders, Brenda en Lolla, het vir ure in ons “kar” gereis. Dit was ‘n houtkrat van so kniehoogte waarvan die een syplank uit was en daardie kant was die voorkant. Boetiegoed was die kleinste, maar omdat hy die einigste mannetjiesmens was, was hy die “pa” en die pa het bestuur. Voor langs hom het die “ma” gesit en agter die twee kinders. Alles aan die kar was denkbeeldig. My pa het ‘n foto waar boetiegoed daardie “stuurwiel” vashou en laat waai – handjies so skouerhoogte om niks! En boeta, was ons vier vuil – ek dink nie my eie kinders was ooit so vuil nie! Ek sal nog kyk of ek nie ‘n kopie van die foto in die hande kan kry nie vir my nostalgie hoekie nie.

    Ek dink tog dat na ons daar weg is Rietfontein Romery nooit weer dieselfde was nie.

  8. 8 Zee
    Mei 28, 2008 at 9:41 nm

    Ag daardie eerste foto is te pragtig.. Kyk net die ou beentjies. En ek sal maar niks se van die juffie op die stoel nie…. te cute vir woorde!

  9. Mei 29, 2008 at 3:09 nm

    Jy lyk te dierbaar vir woorde, moeder ma jy was voorwaar ‘n pragtige dogterjie.

  10. Mei 29, 2008 at 8:42 nm

    Jo, ek sien jou alreeds in die groot dogtertjie, maar jy is darem net opvreetbaar mooi op die 1 jaar oud foto!

  11. Mei 29, 2008 at 9:26 nm

    Baie mooi Jo. Ek stem saam met die ander. ‘n Ware LADY.

  12. Mei 30, 2008 at 5:15 vm

    Dis rerig die oulikste foto’s!

  13. 13 BB
    Junie 2, 2008 at 2:45 nm

    JY verstáán nie hoe klein dié ou wêreld regtig is nie J-A!!! Ek was in Grootfontein tot omtrent 1977/8 – en my oupa se plaas (waarop my ouerhuis ook was) was sowat 30km van Gftn op die pad Otavi toe. Ek onthou die Rietfontein romery/melkery baie goed! My tannie se liefie Uwe het daar geleer kaas maak honderd jaar gelede. En my oupa was blykbaar ook nogal volgens my ma baie betrokke in Rietfontein. Vra bietjie jou pa of hy weet van ene: Albert Koll??
    Ag, man, ek laaiks vreeslik baie van hierdie blog-reminisce-stories!!
    Thanks!!

  14. 14 Jo-Ann Schou
    Junie 3, 2008 at 4:36 nm

    BB – ek sal hom vra. Vra bietjie vir jou mense of hulle Frau Ehlers geken het?


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share