Dit is ‘n tragedie van astronomiese proporsie… die feit dat ek nooit van die silwer sikspens geweet het nie! Ek hoop dat ek ten minste een meisie van ‘n lewensbelangrike flater kan red.
Ek het, nadat ek op Adriana se blog een van haar blogvrae gaan naspeur het, agtergekom dat ek nie die volle tradisie by trou gevolg het nie. Ek was so bietjie skaam omdat ek net die klok gehoor lui het en die kat aan die stert beetgehad het. Tot ek bietjie rondgevra het en agtergekom het dat ek beslis nie alleen staan in die war nie!
Ons het almal so ewe tradisioneel altyd gesorg dat ons “something old, something new, something borrowed, something blue” het as ons of iemand na aan ons die dag getrou het. Het jy al ooit gewonder hoekom? Dit is met die uitvindslag, wat ek netnou oor sal gesels, dat ek agtergekom het dat die tradisie nie volledig beoefen is nie en dat dit eindig met “a silver sixpence in her shoe”. En dit is waar my ding lê…
Die “something old” is simbolies van die kontinuïteit van die bruid se verlede en familie. Die “something new” is simbolies van die optimisme en hoop vir die bruid se nuwe lewe wat voorlê. Die “something borrowed” (gewoonlik ‘n item van iemand wat gelukkig getroud is) is veronderstel of van die goeie geluk oor te dra. Die “something blue” simboliseer liefde, nederigheid en vrugbaarheid. Dit is egter daardie sikspens wat my moses is en verduidelik hoekom ek klippe kou by my bankbestuurder, want dit is daardie sikspens in my skoen wat volgens tradisie sou bygedra het tot rykdom en finansiële sekuriteit.
Dus, meisies, sorg dat jy jou silwer sikspens nou al begin soek en om seker te maak dat jy ‘n groter kans op rykdom en gemak het, sit hom in jou linkerskoen. Blykbaar is jou kanse dan sommer nog beter. Ek gaan nou iemand wat troureëlings tref vra of sy geweet het van die sikspens en of sy vir my kan uitvind waar mens daarvan in Suid-Afrika in die hande kan kry. Klaarblyklik is daar spesialiteitswinkels oorsee wat “keepsake” sikspense beskikbaar stel.
Ek is gedoem; dit is te laat vir my. Leer tog die rympie reg vir julle dogters en laat hulle weet waarvoor alles staan – veral die laaste deel:
Something old, Something new,
Something borrow, Something blue,
And a silver sixpence in her shoe.
In die linkerskoen.
Hier is so stukkie wat nog meer van die ou tradisie beskryf:
Silver Sixpence
The sixpence, an English coin first minted in the reign of Edward VI (1551), has been associated with weddings since the reign of Elizabeth I. in those times the Lord of the Manor where the bride lived would often present a sixpence as a wedding gift.
As time passed the tradition changed and it became the custom for the bride’s parent to give the coin as a dowry gift. It was not however until Victorian times that the present day custom evolved to that of giving a silver sixpence as a lucky charm to bring wealth and happiness to the married couple.
“…when the bride is completely ready to make her way from her home, she would take the sixpence from the bag on her garter and place it in her left shoe. She would walk a full circle and at the same time make a wish for her wealth. She would then take the sixpence out of the shoe and replace it in the bag. She must never look back but continue to walk through the door to marry her husband-to-be …”
The custom says that to ensure the couples wealth and happiness the bride should put the coin in her left shoe. In some areas the custom is for the father of the bride to put the sixpence in the shoe, this is probably an amalgamation of the older dowry tradition and the more modern interpretation.
Goed, noudat jy tot hier gelees het…. ek is nie een wat glo in die goed nie, maar ek hou van tradisie en ek wil graag meer weet hoekom ons doen wat ons doen. Ek wil nou by jou weet…. eerlik…. het jy geweet van die sikspens en het jy die tradisie gevolg? Gaan kyk gerus na die skakel hierbo by Silver Sixpence na nog meer tradisies soos byvoorbeeld waar die gebruik van die ringe op die kussing vandaan kom.
Ilana, die post is vir jou… sterkte en voorspoed met jou onderneming!
Kommentaar