20
Jan
09

van Barack na Bleskop

Wow!  Wat ‘n skare.  Kon nie help om ‘n knop te sluk nie.  Wat ‘n toespraak. Kon nie help om verwonderd te luister nie.  Wat ‘n persoonlikheid.  

Dit is jammer dat hy in een van die moeilikste tye ooit die leisels moet oorneem, want hy sal voortdurend onder erge kritiek deurloop.  Ek is egter bly dat ‘n oënskynlike sterk kandidaat die leisels juis nou oorneem.  Uit die opkoms by stemlokale verlede jaar en die inhuldiging vandag, lyk dit of die Amerikaners self baie hoop het met die verandering. 

Ek hou niks van Amerika en sy politiek nie.  Dit is egter so dat as dit goed gaan daar, gaan dit beter hier en in die res van die wêreld.  Mag dit onder die man se hande gou beter gaan.  Vanaand, toe hy sê God Bless America, toe las ek saggies agteraan en “die res van ons”.  

Op ‘n ander noot….

Ek wonder of Bleskop ooit hier sal lees.  Dit is nou Bleskop wat besigheid het in High Street.  Jong ou, ek hou jou dop.  Daardie stompie wat jy so doodluiters by die venster uitgegooi het, kan jou ‘n paar rand in boete kos. En die rooi robot waaroor jy so blatant gery het (dit het na rooi oorgeslaan terwyl jy nog agter die wit streep gestaan het), kan jou eendag jou lewe of iemand anders s’n kos.  Met so nommerplaat soos joune sou ek liewer nie kanse vat nie.  Al daai kanse vat kom eendag terug en hap jou op ‘n sagte plek. Pasop.


4 Responses to “van Barack na Bleskop”


  1. Januarie 21, 2009 at 10:01 vm

    Dagse Jo-Ann
    Ek hoop van harte dat Amerika sal kan regruk want indien dit nie gebeur nie het die hele wereld groter probleme as wat hulle tans kan hanteer. Die hele Midde ooste en Oosblok lande was maar nog altyd redelik in toom gehou deur Amerika, sou die faal gaan dit die res van die wereld baie kwesbaar laat op meer as een gebied.

    Die bliks**** wat so mors en ook links en regs die reels verbreek is sommer om van naar te word. Ek wys hulle vinnig op daai tipe foute, maar dit raak ook gevaarlik.
    Groete

  2. Januarie 21, 2009 at 12:58 nm

    As jy weer naby High Street rondry – kom drink koffie saam met my :-)

  3. 3 Jo-Ann
    Januarie 21, 2009 at 5:41 nm

    En toe kom ons agter ons werk in dieselfde besigheidspark in kantoorblokke oorkant mekaar! Die koffie of iets kouds is beslis op die agenda… die week nog!

  4. 4 BB
    Januarie 23, 2009 at 7:14 vm

    Twee van die amazingste people oppie www so te sê op mekaar se voorstoepe :shock: Coincidence?? … I think not ;)


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Januarie 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share