Met die baie brande in die Kaap het ons nou al vreemde verskynsel te sien gehad. Ek het nie ons rooi sonsopkoms afgeneem nie, want ek was laat.
Ek het wel die vreemde wolkformasie raakgesien toe ek in my kombuis besig was en het vir Kevin die kamera in die hand gedruk om vir my foto’s te neem. Iemand vir wie ek die foto gestuur het se kommentaar was dat dit lyk asof die wolk iets wil skep. Dit lyk nogal soos ‘n hand met die duim bolangs en die vingers wat ‘n bakkie vorm. Wat sien jy?









Jo-Ann, ek is nie baie goed met hierdie goed raaksien nie, maar omdat jy die hand genoem het sien ek nogal die hand raak…
Stunning foto!
Dis nou werklik pragtig en besonders! Dankie vir die deel van die foto.
Soos jy tereg gesê het: lyk soos iets uit die Kinderbybel, ja. Dit is eenvoudig besonders.
Hierdie wolk lyk vir Ding net ongelooflik kwaai, moelik, onheilspellend. Kevin mag maar foto’s neem, hoor!
Wow !!! Pragtige foto
Ek sien ‘n voet en ‘n enkel/hakskeen – die tone pointing to the right, about to tread on a cloud-donut-kinda-spookasem-bubble… daai voet speel ini wolke – soos ‘n kind wat op seepbelle spring wat jy blaas… die wasem wat so teen die been opgaan is daai wat raak getrap is… Awesome pic!!!
Wow, stunning pic!!! Ek sien ook ‘n hand.