Ek het ‘n paar fantastiese foto’s in ‘n PPT lêer ontvang wat ek nie so in sy oorspronklike formaat hier kan deel nie, dus het ek dit “uitmekaar” gehaal om dit hier te wys. Ek het die oorspronklike kommentaar van die fotograaf/skrywer by elke foto gesit. Ek kan nie by name erkenning gee aan die oorsprong nie, maar wie jy ookal is – vir hierdie Namibkind het jy ‘n venster na die heimat oopgehou vandag… dankie!
Die Swakoprivier het vir die eerste keer in 9 jaar afgekom op 6 Maart 2009 en al wat leef en beef was daar om dit te sien en te beleef. Ek het oom Des se stukkie gelees en die saamtrek by die rivier, die gespeel in die water en die vleisbraaiery op die oewer is so eie aan die mense van die Namibkus.. my mense.
Ek onthou goed hoe ons na die rivier gaan kyk het toe ek nog in die laerskool was en dat hy daardie dag in volle vloed was. Die donderende gedreun van daardie rivier sal my altyd bybly en die mengsel van opwinding en vrees van daardie dag sal ek nooit vergeet nie.
Ongebekende fotograaf… mooi gemaak… en Jaco, dankie vir die aanstuur!
- AL ONS WOESTYN BEWONERS HET KOM KYK NA DIE KOMS VAN DIE WATER…
- Traffic jam op brug – Spietkops het hulle hande vol gehad met die traffic… agv die water
- MENSE DROM SAAM OP DIE BRUG!
- KYK NET HOE BAIE STAAN OP DIE BRUG EN KYK!
- WIND WAAI SAND OOR PAD…
- HIER BEGIN WATER STERK VLOEI
- SO HET ALMAL GESTAAN EN DIE WATER BEKYK
- AI, DIS DAREM LEKKER
- ALMAL BALJAAR IN DIE MODDERWATER
- HOëR OP IN DIE RIVIER
- TOT DIE DIERE HET DIE WATER GENIET
- NAMIBIESE WIT WOLF
- SO BLY DIT IS ANDER MA SE KINDERS….
- HIER WORD DIE WATER AANGEHELP SEE TOE
- HIER BEGIN DIE STROOMPIE WATER DIE SEE INLOOP EN ALMAL FLUIT EN CHEER!



























Kommentaar