16
Mar
09

Toe die Swakop die see in is….

Ek het ‘n paar fantastiese foto’s in ‘n PPT lêer ontvang wat ek nie  so in sy oorspronklike formaat hier kan deel nie, dus het ek dit “uitmekaar” gehaal om dit hier te wys. Ek het die oorspronklike kommentaar van die fotograaf/skrywer by elke foto gesit. Ek kan nie by name erkenning gee aan die oorsprong nie, maar wie jy ookal is – vir hierdie Namibkind het jy ‘n venster na die heimat oopgehou vandag… dankie!

Die Swakoprivier het vir die eerste keer in 9 jaar afgekom op 6 Maart 2009 en al wat leef en beef was daar om dit te sien en te beleef.  Ek het oom Des se stukkie gelees en die saamtrek by die rivier, die gespeel in die water en die vleisbraaiery op die oewer is so eie aan die mense van die Namibkus.. my mense.

Ek onthou goed hoe ons na die rivier gaan kyk het toe ek nog in die laerskool was en dat hy daardie dag in volle vloed was.  Die donderende gedreun van daardie rivier sal my altyd bybly en die mengsel van opwinding en vrees van daardie dag sal ek nooit vergeet nie.

Ongebekende fotograaf…  mooi gemaak…  en Jaco, dankie vir die aanstuur! 


11 Responses to “Toe die Swakop die see in is….”


  1. Maart 17, 2009 at 3:36 nm

    Dit moes iets gewees het om te beleef.

  2. Maart 18, 2009 at 10:52 vm

    Daai modderspeel lyl SOOO lekker!

  3. Maart 18, 2009 at 12:44 nm

    Ek wil nou nie skinner nie, maar dit lyk kompleet of my twee kids ook daar iewers in die modder kon gewees het! :lol: Dis rerig amazing Jo, dankie vir die deel…

  4. 4 BB
    Maart 18, 2009 at 12:47 nm

    AWESOME!!! Thanks for sharing!! Gaat nou dadelik vir my ma mail om te kom kyk!! Sy sal mal wees hieroor!! xx

  5. Maart 20, 2009 at 1:28 nm

    HAU!!!

    Agnes moet die kinners vat en Agnes moet die kinners gat bad. Die kinners gaan siek word.

  6. 6 Magnum
    Maart 21, 2009 at 4:02 nm

    “Jou huis is waar jou hart is…….liefde liefde is n stille rivier stroom wat vloei deur ons woestynland droog die rivier weg dan sal al die klein vissies sterf.. (uit Stille Rivierstroom)

    Hartland Suidwesland Woestynland.. soos die waters die pad deur die woestyn vind en die sand die water probeer op drink….so het hierdie dore landskap in my hart ingedring, en so nou en dan… vinniger as 9 jaar in elk geval bruis die verlange soos die Swakop in vloed deur my are.

    n Wonderwerk en voorreg om te aanskou…..

  7. 7 Jo-Ann Schou
    Maart 21, 2009 at 7:24 nm

    Ek sal in September tussen my pa se foto’s gaan krap vir die slag wat die Swakop regtig afgekom het en die pilare van die brug halmas in die stormende water gestaan het…. dit was ‘n heel ander prentjie. Dit was sover ek onthou voordat die dam gebou is. Ek was maar ‘n kiddie, maar daardie beelde en klanke vervaag nie.

    Magnum, die vyftiende foto is darem maar besonders… die water so net voor die duin. G’n wonder die area is ‘n gunsteling in die filmbedryf nie… maak maar altyd mooi prentjies. Ek weet nie wie hierdie foto’s geneem het nie, maar dit is mooi gemaak.

    Hoor jy die stilte as jy na die foto kyk? Dit was altyd vir my die grootste magic… die dawerende stilte tussen die duine.

    Ek gaan September huistoe…. my vliegtuigkaartjie is klaar gekoop! Kannie waggie!

  8. 8 Magnum
    Maart 21, 2009 at 10:16 nm

    “Ek hoor ek luister” maar dit is slegs die wind se gefluister en ek voel die natigheid op my wang en dink dit is die mis wat inwaai van die see, tog nie dit is die droom greep wat op my in speel.

    Ek beny jou net om te weet dat oor n paar maande is jy daar waar jou hart wil wees, stuur groete as jy bekendes raak loop. Gaan jy Walvis toe?

  9. 9 Jo-Ann
    Maart 22, 2009 at 12:20 nm

    Magnum,

    Ek gaan na my broer se troue op Walvisbaai. Ek sal beslis Swakopmund toe en op Hentiesbaai ‘n draai maak en ek beplan om Omaruru en Okanduka (jagplaas) toe te gaan om in te loer by twee van my neefs en my lieflingtannie (instaanma).

    Dit is net ‘n week, maar as die bruidspaar op honeymoon gaan, wil ek deurflits binneland toe en ek hoop my jagterneef kan vir my vat vir luiperdjag… met my kamera… :-)

  10. Maart 22, 2009 at 9:59 nm

    O, daardie duine! Wens ek kan nou daar wees. Baie mooi.

  11. Maart 23, 2009 at 2:55 nm

    Hi JoAnn

    My ma kom mos oorspronlik van Namibië af en het nogsteeds `n sagte plekke in haar hart vir daai wêreld. Gaan jou foto’s vir haar wys, dis pragtig.

    Groete
    C.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Maart 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,888 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share