Ek speel weer met Photoshop – dit is mos langnaweek. llana se vriendin het ‘n fantastiese foto geneem van die bruid. Die beligting is egter bietjie donker en die agtergrond baie besig. Ek het met die foto gespeel en is heel ingenome met die resultaat sover. Ek moet nog bietjie toor aan die rooi hand en dan is die groot toets die drukslag. Dit is lekker om weer ‘n slag regtig tyd te hê vir my gunsteling tydverdryf. Ek kom net agter dat ek al meer my bril hiervoor nodig het…










Knap gedaan! Dis nou werklik van ‘n amper onbruikbare foto tot ‘n pronkstuk.
Sjoe! Mens kan dit amper nie glo nie. Photoshop sit my ore aan, ek bewonder julle wat dit wel kan doen.
Sjoe, jy’s goed!
Die toets is in die druk…. dit het heel gaaf uitgekom en pronk in sy raam in my huis! Ek moes net die een doen… die oorspronklike foto se luim en lig en skaduwees is uitstekend en met ‘n toorkwasssie of twee lyk dit amper soos ‘n ateljeefoto. Ek moet krediet gee aan die baie wat die fotograaf reggekry het met die min wat sy gehad het – dit was een van daardie donker reënerige dae.
Ek wil Photoshop bitter graag koop, maar ek het al van so baie mense gehoor wat dit het en glad nie daarvan hou nie.
Baie goed gedoen.