Ek is maar bietjie stillerig. Een, ek is te besig met werk; as ek uiteindelik agter die rekenaar inskuif vir opvang, lees ek die blogs wat ek volg deur readomatic tot ek voel hoe my oë begin toeval en dan duik ek deur ‘n watertjie tot by my kussing. Twee, ek het niks om te sê wat nie klaar gesê is nie. My drafts lê net so ongepubliseer omdat dit oor sake van die tyd is wat reeds van alle kante bekyk is nie meer relevant is nie. So, ons gaan stem op stemdag en ons het ‘n idee wat die uitslag sal wees net soos die skrif lankal teen die muur was oor die Z u m a aangeleentheid. Ou nuus. Sat gesels. Drie, ek speel op Sanlam iTrade met virtuele aandeleverhandeling en ek verwyl nogal baie tyd om my oog op die mark te hou in enige spaar minute wat ek het.
Ek is een van daardie supergebruikers van sagteware en allerhande applikasies. Amper soos mans met hulle “gadgets”. Uit die aard van my werk is tydsbestuur en ‘n dagboek my twee beste maats. Nou moet ek bieg oor die dagboekstorie…. ek skryf nie altyd my afsprake in die tradisionele een neer nie. Want sien, terwyl ek op die telefoon besig is om die afspraak te maak, is ek lankal besig om in Outlook (die werk se voorskrif) die afspraak te skeduleer en die ander persoon in te sluit vir ‘n e-pos uitnodiging …. soos dit ‘n goeie georganiseerde gebruiker sal betaam…. en dan word my aandag afgetrek met iets anders en ek vergeet om die afspraak aan te teken in die papierweergawe wat soos gewoonlik nog in my aktetas lê en my rekenaar by die werk en my rekenaar by die huis staan los van mekaar. Hier kom wonderlike Google in. Goed, ek is seker daar is sekerlik ander produkte en applikasies wat in ander se oë wonderlik en cool en alles is. Ek is ‘n Google junkie.
Ek gebruik ‘n Gmail adres vir my privaatkorrespondensie. En ek gebruik Google se Kalender. Dit is wat my aanbetref my saving grace. Ek gebruik die sinkroniseerder wat my werkskalender met my Google kalender sinkroniseer en dan gebruik ek Google se kalender om my te herinner van my afsprake en notas. Sien, mens kan jou Google kalender stel om daagliks vroegoggend vir jou die dag se agenda per e-pos te stuur en die kalender kan gestel word om vir jou SMS’e te stuur – gratis (ek weet, ek gebruik dit al maande). Ek het dit as standaard gestel dat ek twee SMS’e ontvang – een 12 ure voor die afspraak en een 1 uur voor die afspraak. Dit kan natuurlik per afspraak verander word. Daardie een wat 1 uur voor die volgende afspraak is, het my bas al gered omdat die sagte biep van my selfoon duidelike bevestiging is dat ek moet klaarmaak waarmee ek besig is en in die pad moet val vir die volgende afspraak. Die tipiese SMS lees “Reminder: XXXXX @ Fri Apr 10 09:30 – 10:00 in XXXXXX. Ek skeduleer my belangrikste take ook sommer as “afsprake” voor kantoorure sodat ek daarvoor ook SMS’e kan kry.
Ek kan natuurlik my selfoon se kalender gebruik, maar ek soek altyd die vinnigste en korste pad om ‘n ding gedoen te kry. Ek hou van kontrole en ek is ‘n voorstander van papierloos werk. Ek is ook maar bietjie vergeetagtig… die selfoon se kabel is maar net nooit in my tas as hy daar moet wees nie en ek verpes die trippeltik op ‘n sel.
Sinkronisasies tussen my Outlook- en Google kalenders vind outomaties elk 60 minute plaas en as ek saans agter my rekenaar by die huis inskuif, sinkroniseer ek weer tussen my Google kalender en Outlook op my tuisrekenaar. Dit is dan wanneer ek tog maar die papierdagboek nader sleep om seker te maak alles is ingeskryf. Want die werk wil dit hê. Ek wens ek kon ook vir daardie een net die “sync” knoppie druk en ‘n paar sekondes later is als gedupliseer.
Nou wil ek nog net daardie oulike gadget koop wat mens in jou motor gebruik om jou ritte te monitor… ek het gesien hoe vinnig en maklik ‘n kollega, wat die gadget gebruik, met sy ritboek klaarspeel vir Jan Taks…. As ek dit het, dan is ek heeltamaal “sorted”.
Hoop die kinders lees hier voor ek weer verjaar….









Jinne, Jo-Ann!
Hoogs ge-organiseerd en tegnologies ontwikkeld ook! Sjoe. Hats off to you!
Is mos… have wheels, will travel… dit is daar, ek gebruik dit en deel graag wat ek geleer het met ander. Gaan kyk na Bullzip.com as jy nog nie ‘n thingermagicar het om PDF lêers te skryf nie…. ek skud my kop as mense iets druk om dit net weer in PDF formaat te skandeer..
Ek het ook vir my nou ‘n g mail adres oopgemaak! Ek moes seker lankal, want jy wil nie weet hoe lyk my inbox nie! Wat ekstra moeite is want ek moet die werk tussen die mails uitsnuffel!
Ek hou van die track view account en ek stem saam Boendoe hoogs ge-organiseerde girl jy!
Geseënde Paasfees vir julle Jo-Ann!
“… en ek verpes die trippeltik op ‘n sel.”
Ding voel nou EENS so geëerd
Nee, hierie ingewikkelde nommers waarvan jy praat, sal vir Ouding net sin maak en nuttig wees as hulle saam met ‘n slim, begripvolle en geduldige Lady kom
Hi Jo-Ann
Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer! http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/
Groete van huis tot huis