18
Apr
09

Daar’s klaar gedans….

Nou is dit al die pad skouer aan die wiel en afdraende pad…

Dankie tog. Daar is net een ding wat erger is as ‘n dogter in matriek en dit is ‘n seun in matriek so net voor die matriekafskeid. My ou het gestres oor twintigduisend dinge wat volgens hom verkeerd kon gaan en die stres oorgeplaas na ma toe. Ek was snaarstyf opgewen en aan die einde van die dag was alles heel gaaf. Die meisie was in haar noppies met haar blom en baie tevrede dat die Jaguar (1976) se kleur nogal ingeskakel het by die uitrustings.

Daar is nie afterparty toe gegaan nie. Die man is al rustig aan die slaap. My spiere begin nou eers behoorlik ontknoop.

Ek is bly die skool se afskeid is so vroeg in die jaar oor en verby. Nou kan daar gefokus word op die eksamens wat voorlê en die obesessie oor motors, haarstyle, uitrustings en metgeselle is uit die pad.  

Ek is ‘n baie trotse ma….

dsc08211

 


11 Responses to “Daar’s klaar gedans….”


  1. April 18, 2009 at 8:20 vm

    Hello Jo-Ann jy kan opreg trots wees!

    Wow!!! wow!! wow!!!! Hulle het pragtig gelyk!! En die kar!!! Alles perfek!

    Jy het vir Wipneus ‘n mooi seun, en hy het so mooi gelyk! :mrgreen:

    Noudat al die stres verby is, hoop ek julle hou lekker naweek!!!

  2. April 18, 2009 at 8:51 vm

    Hulle het pragtig gelyk. Ek is bly dat hulle dit geniet het. Die kar was snazzy.

    Sterkte vir die eksamen wat voorle^.

  3. April 18, 2009 at 11:22 vm

    Jip, dis lekker vroeg oor en verby. Slim skool!

    Wat dink jy van al die uitspattigheid rondom matriekafskeid? (Ek het ook ‘n seun in matriek – en ek gaan seker net so skuldig wees aan oordadigheid as die volgende ouer. Maar dit maak my nie minder siek nie!)

    Jy’t ‘n baie mooi kind!

  4. April 18, 2009 at 1:29 nm

    Ek luv die kar! Jy’t ‘n baie aantreklike seun hoor!

  5. April 18, 2009 at 6:51 nm

    WoW! Stunning! Hy trek nogal op Michael Schumacher in hierdie foto – en dis nie net ek wat so dink nie! :-)

  6. 6 roer
    April 19, 2009 at 3:03 nm

    Het nog ‘n paar kiekies of FB gesien. Ma se kind het soos ‘n wafferse 007 gelyk. Net beter. Baie geluk, trotse ma.

  7. April 19, 2009 at 9:14 nm

    Kierts! IS hy nie ‘n hubare jongman nie. Begin Ding nou tweekeer dink… Ding sou hom maar wel met krieket op sy verjaarsdag laat wen… moenie hom se nie, maar Ding begin wonder of dit nog steeds “…SOU LAAT wen…” wees :lol:

    Neewat, Ding verstaan sommer beterbesteste hoekom hy jou oogappel is.

    Baie geluk, Joanie, jy’t ‘n monumentale taak verrig – is steeds besig daarmee.

  8. 8 Zee
    April 20, 2009 at 10:52 vm

    WOW, voorwaar ‘n seun om op trots te wees Jo-Ann…

  9. 9 Jo-Ann
    April 21, 2009 at 5:15 nm

    Hallooooo!!! Ekke was bietjie internetloos en vang nou eers regtig op. Gits Sonkind, WP het jou sommer gespam. Sorry man!

    Dankie vir al die kommentaar. Jip, my hart klop tjoklits oor my seunskind.

    Boendoe, ek reken lankal dit is darem ‘n bietjie erg, die matriekafskeidstorie. Kevin self het gereken dit is die meisies se funksie en dat die manne net optional extras was.

    Dit is vir my baie erg om te verneem dat ‘n rok vir die aand R4,000 kos by Hip-Hop (en dat die ouers dit betaal, darem R1,500 vir dieselfde rok by Hip-Hop se fabriekswinkel). Van die ouers het oor ‘n R1,000 vir ‘n motor vir die aankoms betaal – belaglik. Ek was gelukkig dat ons die Jaguar gratis gebruik gekry het – die eienaar het dit bestuur. Ek het Kevin se uitrusting gehuur – goed geleer – hy groei nog steeds en om nou ‘n pak te koop is nutteloos. Kevin se uitgawes… R500, meisie se blom en haarsny ingesluit.

    Die skool gebruik al jare hulle eie saal juis om kostes te beperk, maar daar word ook maar goed gespandeer aan die tema. Daar is nog foto’s op FaceBook.

  10. 10 BB
    April 23, 2009 at 2:08 nm

    ‘n true Beau!! en ek sien duidelike ooreenkomste met sy beautiful mom ;)

  11. April 26, 2009 at 8:10 nm

    Baie mooi! Dis baie goed dat dit so vroeg is, soos jy sê, nou kan daar op die werk gekonsentreer word.
    (Toor bietjie daar ‘n ander agtergrond in, laat ons sien!)


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share