29
Jun
09

Deur die Kruispad

Vir jare al het ek op die horison ‘n kruispad gesien en het ek lankal geweet watter rigting ek sal moet inslaan. Ek het my oog nie op die horison gehou nie en afgedwaal, uitgestel, onnodige tyd vermors en so het te veel dae van my lewe verlore gegaan.  Die laaste paar weke het ek doodstil geraak hier Op die Seepkissie terwyl ek gewerk het aan ‘n mank wa se wiele sodat ek die wa deur die laaste drif kon sleep en toe het ek die kruispad storm geloop.

Die eerste treë op die nuwe pad lê vol klippe en ek dit is maar ‘n gesukkel om spoed op te tel. Ek weet egter as die tolgeld eers betaal is, gaan die wa se wiele begin sing. Verby die eerste struikelblokke sien ek blink dae en ‘n pad wat algaande meer gelyk raak. Ek is darem oopkop genoeg om ook te besef dat daar menige struikrower skuil langs daardie pad en dat ek altyd op my hoede sal moet wees om nie blindelings in enige strikke te trap nie.

Snaaks, toe ek uiteindelik met my wa met die beter wiele voor die wegwyser staan en my besluit beslis aangekondig het, het ek skielik nuwe bloed in my are voel bruis. Dit wys; mense wat my ken sien dit en waar ek voorheen gevra is of ek siek is, word ek nou gevra of ek verlief is. Verlief wees is die laaste ding op my agenda, maar as ek dit so lyk, dan beteken dit een ding – die pad na my ou self is toe nie so lank as wat ek gedink het nie.

So ja, ek is terug en gaan my Seepkissie bietjie afstof en weer ‘n slag saamkuier en saamgesels. Daar is nog baie lapwerk aan die mank wa en dit gaan tyd vat, maar die wiele rol – glad.


12 Responses to “Deur die Kruispad”


  1. Junie 30, 2009 at 12:47 vm

    Klink goed, Jo-Ann. Kan nie wag om te sien wat jy met daai kamma mank wa regkry nie. :wink:

  2. Junie 30, 2009 at 8:54 vm

    Welkom terug!!!

    Ek ken ‘n paar mense wat goed is met hulle hande as dit sal help?

  3. Junie 30, 2009 at 9:12 vm

    Met soveel van die “ou” crowd wat verdwyn is dit baie lekker om een te sien wat terugkom. Welkom terug!
    Ek los ‘n pot ghries vir die wiele en ekstra osse vir die steil bult wat voorlê. Ons wag vir jou by die tolhek.

  4. Junie 30, 2009 at 2:20 nm

    En as jy daai wa mooi aan die loop het, leen hom vir my ook sodat ek ook oor die bult kan kom.

  5. Junie 30, 2009 at 5:47 nm

    Kierts! Kan ‘n man dan nie. Die sweep het geklap en die wa-wiele rol… Jo, die interessante is dat as daai wa nou eers so deur die drif verby die kruispad beginte rol, dan is dit asof hy sommer vanself vir die struikrowers uitswenk en klippe hulle tref en asof die klippe self langs die pad loop lê tot jou wa verby is. Dis asof, as manman net eers die regte rigting in koers kry, die res sommer soos domino’s regval – op ander terreine. Nou luister, Niggie, Buurman het nou klaar vir jou ghries en sulke nommers gelos, ne. Dan sal Ding nou maar net vir jou sê as jou trek bietjie swaar raak vir die wa so met die opdraendes saam, dan klim jy nou net op die seepkissie van jou en swaai ‘n vlag, stuur ‘n rooksein en as jy kyk en jy kyk weer, dan is daar ander waens wat vir jou die vrag ligter sal maak op jou wa. Goed? Gaaf. Dis hoe ons boere maar trek, onthou jy nou weer.

  6. 6 Jo-Ann
    Junie 30, 2009 at 9:02 nm

    Ding, daai party waaroor ek gepraat het… die een wat gehou word as ek op gelyk pad kom…. ek soek ‘n naam vir daai een. Ons begin ‘n nuwe tradisie sommer so in die blogsfeer… hiep-hiep!

  7. Julie 1, 2009 at 3:21 nm

    Sterkte met die nuwe pad! Sien uit daarna om meer gereeld van jou te hoor!

  8. Julie 1, 2009 at 8:32 nm

    Ek het ook onlangs ‘n wa deur drif getrek, maar die opdraandes is nog hel. Maar ek sien hier vat almal mekaar se hand en help trek. Amper soos destyds se plaasgemeenskappe. Ek mis my mense, maar ek is darem nie meer alleen nie. Sterkte met jou tog.

  9. 9 Jo-Ann
    Julie 1, 2009 at 11:16 nm

    En nou het Nartjiepit ook op die wa geklim. Ek kan nie wag dat hy of sy einde Feb Ouma se Nanki-Pooh word nie. Daar is ‘n vrolikheid op die wa wat die stamperigheid van die pad vervaag. Vat voor!

  10. 11 BB
    Julie 6, 2009 at 1:26 nm

    Raak gerus verlief, J-A – op die nuwe jy!! Take care of that girl within!! xx


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Junie 2009
M T W T F S S
« May   Jul »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share