07
Jul
09

Wie ken die storie?

As jy die storie agter die foto ken, gaan jy jou ouderdom weggee of beter google as ek. Sover ek weet is dit Naas Botha wat so sleg gevat was. Deur wie en wanneer en waar weet ek nie. Vertel ons gerus as jy weet.

Dit bly ‘n goeie aksiefoto en dit moes seker lankal ‘n raam gekry het, maar daar is nie en sal seker nooit ‘n kroeg in my huis wees waar dit sal inpas nie.

As die foto in vandag se dae geneem was, sou die net gons soos almal hulle stukkie kommentaar lewer… dit was egter voor die elektroniese vooruitgang van vandag. Wat sê vandag se spelreëls oor so tackle?

SuperTackle


11 Responses to “Wie ken die storie?”


  1. Julie 7, 2009 at 8:35 nm

    Oe, oe, oe! Ek het nie ‘n idee wie dit is nie, maar dis ‘n man na my hart. :lol:

  2. 2 Jo-Ann
    Julie 7, 2009 at 9:09 nm

    Ek reken die valslag was winduit…

  3. Julie 7, 2009 at 9:39 nm

    Al wat ek van Naas se rugbyspelery onthou, behalwe nou sy skoppery, is dat as iemand na sy kant toe gekom het, het hy weggehardloop so vinnig as wat hy kon. Hierdie keer het hy die nie gemaak nie!

  4. 4 Jo-Ann
    Julie 7, 2009 at 9:52 nm

    Miskien het hy juis na die keer begin padgee so vinnig as wat sy voete hom kon dra…. as ek kyk na die baie mense in die stadion, kan dit ‘n Curriebeker finaal wees. Maar dan was dit in die dae van issolasie en toe was die stadions vol met Curriebekerwedstryde omdat daar nie ander rugby was nie. Ek weet net dit is donkiejare terug want die foto is al ongeveer twee dekades in my huis….

  5. Julie 7, 2009 at 10:05 nm

    Kan hulle dit weer doen?

  6. Julie 7, 2009 at 10:16 nm

    Een ding weet ons wel. Naas het definitief nie sy voortande uitgeval nie :lol:

  7. Julie 8, 2009 at 3:01 nm

    Ai, Jo-Ann! Nou gaan haal jy ou bobbejane agter die berg! Ek het al amper vergeet hoe ek, as WP-ondersteuner my altyd verlustig het in plettervatte op Naas. Dit was mos lekker om hom te haat. Later jare sou ek besef ons het hom gehaat omdat hy so bleddie goed was!

    Ek sal raai dat die persoon wat die plettervat uitvoer Michael du Plessis is (maar ek’s nie seker nie), want dis soos ek hierdie geniale speler onthou. Hy was maar altyd by sulke onderonsies betrokke. Nou dink ek sommer aan daardie dag toe Morne du Plessis op Loftus die 19-jarig Naas geskouerloop het dat arme Naas nie geweet het watter dag van die week dit is nie. Ek dink amper dat die polisie daai dag vir Morne na die kleedkamer moes begelei. :)

  8. Julie 8, 2009 at 3:14 nm

    Micheal Dup sou my raai ook gewees het, of miskien dalk Faffa Knoetze. Dit moes laat tagtigs gewees het, die ander twee manne in die foto is Robert du Preez (ek dink) en Uli die boelie Schmidt.
    Ek onthou die Saterdae wanneer die groot Noord-Suid wedstryde was, en ek en moederlief rugby gekyk het dat die vensters bewe. Sy ‘n Kapenaar in murg en been en ek die Noord Transvaler. My pa – wat nie ‘n rugbyondersteuner was nie – het gewoonlik dan uit die huis gevlug en buite onder die boom sy koerant gaan lees.

  9. Julie 8, 2009 at 10:05 nm

    Laat my dink aan my kinderjare! Dis vir my al of my pa se “taaaaaackle hom!!!!” deesdae nie meer klink soos dit toe geklink het nie…

  10. 11 Mefri
    Julie 9, 2009 at 6:26 vm

    WP en Noord TVL op Loftus gedurende die einde sewentigs of vroeë tagtigs. Dit was Morné Du Plessis wat Naas getackle het – Noord TVL het beweer dat dit ‘n laat tackle was en WP het volgehou dit regverdig volgens die reëls gebeur het. Daar was nie voldoende beeldmateriaal om bewys te lewer wat daar gebeur het nie.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Baie Gelees

Dis ek die…

Kalender

Julie 2009
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Da Mario

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Dellie se Dinge

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Oopkop Anja

RSS Pikkelik se Blik

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Wipneus

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 42,216 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share