Vir my Nartjiepit wat Nanki-pooh gaan word in die nuwejaar… ek soek nog die woorde vir as dit ‘n meisiekind is. Ek soek ook die bladmusiek vir skoonseun wat kitaar speel, so as iemand kan help sal ek bly wees. Ek weet van ‘n paar opnames en besluit nog watter een om te koop – seker maar tannie Carika s’n.
Luister hier na die weergawe van Marena Lotriet
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
môre is ver nog, en slapenstyd wag.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
‘n Mensie in wording, hier onder my hart,
my liefde was joune, van toe af tot nou.
En van die begin af het ek al gevoel.
Vervulling is myne, ek is nou ‘n vrou.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
môre is ver nog, en slapenstyd wag.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
Jy het gekom en my lewe verander.
‘n Seunskind met bruin oë, soos ek altyd wou.
En mag dit gegee word, dat ek jou nooit faal.
Vervulling is myne, ek is nou ‘n vrou.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
môre is ver nog, en slapenstyd wag.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.

My ma het dikwels vir my suster dit gesing toe sy n baba was.
Ag, dis mooi.
So lekker as mens uitsien na ‘n nuwe lewetjie.
Baie geluk Jo-Ann!