My kind is wonderlik sterk – taai soos ‘n ratel. Sy het hartseer nuus oorgedra en dit het gevoel asof sy my troos in plaas van andersom. Sy het weer ‘n miskraam gehad. Ons het geweet dit kan gebeur en het natuurlik asem opgehou en gehoop en gebid, maar dit was nie beskore nie – nie die keer nie. Ons glo dat dit wel sal kom en dat dit binnekort sal kom. My hart gaan uit na die kinders oor die wiegie wat steeds leeg bly. En my hart is seer omdat hierdie skoot van my net reg is vir ‘n kleinding om op te kom rits en dit kom nie – nie nou nie. Ek glo ons sal nie lank wag nie. Ek glo dat 2010 ‘n pienkvoetjie vir my kinders gaan inhou. Ek weet die kinders sal sterkstaan en nie moedverloor nie. Vir nou is my hart net vrek seer vir my poplap.
13
Jul
09









(( Jo-Ann ))
Die koördinate voel soms SO reg né? Tyd en plek en mense en omstandighede. Alles en almal vat skielik hande, interlock, jy maak jou oë toe en iets in jou wéét net instinktief ‘hier en nou’ is REG.
En dan dit.
Die skok, ontnugtering, hartseer, leemtes wat die plekke van drome vul wat jy bietjie-dag geantisipeer het .. en dan die realiteit: ‘n onvervangbare leemte.
My hart, gedagtes en gebede gaan uit na jou, na julle almal. In multi-dimensionele formaat .. want daar is soveel meer. Jy ken my. Ek ken jou. En ons ken mekaar te goed. Jy weet wat ek wil sê deur dit nié te sê nie.
Baie liefde en sterkte vir julle almal.
xx
Ai, Jo-Ann. Ek is so jammer om dit te hoor.
Dis iets wat moeilik is om te verwerk, dit het my lank gevat. Gee drukkies daai kant en baie sterkte, ek bid dat alles reg sal uitwerk.
Dis bitter swaar…. Sterkte vir jou en jou kinders! (((JO)))
Aai dit is so hartseer Jo-Ann. Baie sterkte, liefde en genade vir mamma en pappa en ook vir jou.