Archive for Julie 26th, 2009

26
Jul
09

My eerste PC

ABC386SXDXDit was 1993.  Ek was begogel met rekenaars en wat ek alles daarmee kon doen om my werk makliker te maak en het met groot opgewondenheid die groot stap geneem om een te koop. Vandag het ek op die faktuur afgekom en dit is eintlik heel giggelbaar omdat baie selfone vandag groter en sterker is as daardie vreeslike stuk blik (soos die een op die geleende foto) wat ek toe gekoop het. Mens kan vandag meer koop vir dieselfde bedrag!  Ek reken dat my R6,000 van toe teen ‘n gemiddelde inflasiekoers van so 6.73% vandag R17,000 kan wees en ek kan verseker nou ‘n aantreklike stukkie tegnologie daarmee koop.  Daardie dae was dit wat ek gekoop het, heel skaflik en ek was baie in my noppies met my eerte PC.  Dit was:

Computer – 386 DX 40

Haddrive – 80 MB

Drives  - 1.2 Floppy, 1.44 Stiffy

RAM – 2 MEG

Monitor – SVGA Colour Monitor (.39)

Keyboard – 101

Printer – Panasonic KX-P1180 (nog met ‘n ink lint)

Mouse – Mecer Mouse and Pad

Programs – MS-Dos 6, Windows 3.1, Wiskunde (Afr)

Op daardie PC het ek studiemateriaal en vrae- en antwoordstelle geskryf vir een van die weermag se rekenaarstelsels en dit het my dae gevat om die 100 bladsye klaar te kry. Die groot gesukkel was met die grafiese vloeidiagramme.  Ek moes omtrent aan die muis (nog met die balletjie) klou om my lyne reg te kry en dit is waar my eerste karpale tonnel storie begin het.

Ek het ook op ‘n kopie van ‘n brief aan my ma afgekom waarin ek steen-en-been gekla het oor sukkel met WP 5.1 en dat ek liewer op Multi-Mate werk.  Dit klink saam met MS-Dos soos grieks vir veral die jongklomp. In dieselfde lêer waarin die faktuur was, was van my aantekeninge van laevlak programmering – in besonder ‘n programmetjie om jou ouderdom in dae te bereken… ek onthou hoe in my noppies ek met myself was as ek die goed kon kry om te werk!

Nou het ons verbasende tegnologie aan ons vingerpunte.  Toe was selfone nog nie in elke man se besit nie en min mense het PC’s gehad en ons in SA het nog nie eens gedink aan die web nie.  Ons het darem ‘n gekoppelde rekenaarstelsel in die weermag gehad – ook maar net-net en teen vandag se standaarde gelykstaande aan ‘n tikmasjien met telexfasiliteite. Stadig, kleurloos en verbeeldingloos.

Dit is nou die een ding van soveel somers agter die rug hê… ons het vooruitgang behoorlik en teen die spoed van witlig ervaar. Van net ‘n tikmasjien en ‘n telefoon tot vandag waar ons met meer stoorspasie en tegnologie in ons handsakke rondloop as wat ek in 1993 op my lessenaar gehad het…. ek vind dat my 4Gig Flash Drive wat ander dag nog “groot” was, te klein raak!




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Julie 2009
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Da Mario

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Oopkop Anja

RSS Pikkelik se Blik

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Wipneus

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 42,110 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share