27
Jul
09

Onthouspoortjies…

KevinEk het mos vertel van die wa wat deur die kruispad is en wat begin spoed optel. Deel van die proses is om so bietjie intensief aan die wa se inhoud aandag te gee en dinge uit te pak, reg te pak en onnodige bagasie af te gooi. Soms dwaal ek ‘n bietjie in die verlede rond en haak ek ‘n stukkie by ou spore wat getrap is vas. Ek kom af op lankververlore (en vernielde) foto’s wat nie in albums beland het nie en die ou bêre-boksies is ‘n ontdekkingsreis op sy eie.  Desondanks moet van die bêre-boksies uitgedun word, want ‘n te swaar wa sleep moeilik.

Een van die “aaah, sweet” oomblikke was toe ek op lankvergete skoentjies van my seun afgekom het.  Skoentjies wat ek gebêre het omdat dit sy eerste “formele” skoene was en ek dit oorweeg het om dit te verbrons (as dit die regte term is).  Intussen het ek besluit dit is nie my styl nie, maar daardie skoene is terug in die bêre-boksie.  Dit is weer gebêre vir anderdag se uithaal en “aaah”, maar nie voordat ek ‘n foto geneem het van toe en nou se skoene nie…. ek het al gekla oor die skoenkoopmissies wat ek myself aan moet onderwerp om vir my seun sy nr 13’s in die hande te kry….

Spore


3 Responses to “Onthouspoortjies…”


  1. Julie 28, 2009 at 2:31 nm

    Dagse Jo-Ann

    Die dwaal deur gister se onthou is soms nodig om weer op die pad vorentoe te kan fokus. Geniet die reis.

    Groete

  2. Julie 28, 2009 at 6:58 nm

    Hi,
    Wat ‘n mooi inskrywing.
    Ek loop ook so terug, jy weet.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Julie 2009
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Boer in Ballingskap

RSS Da Mario

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Pikkelik se Blik

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Wipneus

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Woestynsand

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 42,018 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share