01
Aug
09

Die tag wat ek wou vermy….

Ek het nie ‘n mooi handskrif nie. Ek hou nie van skryf nie. Ek tik al lang jare alles en doen al my berekeninge, van die eenvoudigste tot die mees ingewikkelde, in Excel; selfs finansiële berekeninge waarvoor ek eintlik my oulike sakrekenaartjie moet gebruik.

Ek is lui vir skryf en hou nie eens daarvan om boodskappies in kaartjies te skryf noe. Ek skryf (lees krap) gewoonlik net terwyl ek notas maak tydens ‘n telefoongesprek en my dagboek is ook vir my oge alleenlik. Dit is die papierweergawe wat eintlik net ‘n notaboek is, want ek gebruik natuurlik die elektroniese formaat wat sommer vir my SMS’e na my selfoon toe stuur met my agenda.

So gepraat van notas maak…. omdat ek gewoonlik met ‘n pen in die hand sit terwyl ek op die telefoon praat, doodle ek.  Ek hou altyd “scrap” papier by die foon en ek bêre die krapblaadjies om later alles wat belangrik is elektronies te stoor… en dit is omtrent krapblaadjies.  Ek sal dit eendag wys. Intussen tag ek almal om julle doodles te kom wys… julle wil mos!

skrif


6 Responses to “Die tag wat ek wou vermy….”


  1. Augustus 1, 2009 at 8:39 nm

    Was dit nou so erg? :lol:

    Ek kan in alle eerlikheid se^ ek doodle nie. Ek het nooit nie en ek sal seker nooit nie. Ek haat teken met ‘n passie. Op skool het ek van hoErskool af geweier om te teken. Eers het my ma my Biologie sketse geteken en toe ‘n onderwyseres vandat ek koshuis toe is. (Ek moes die laasgenoemde altyd weer help met vraestelle merk.)

  2. Augustus 1, 2009 at 10:46 nm

    Ag, nee man, dis nie ‘n slegte handskrif nie! :lol:

    Doodle? Ek doen dit baie. Hulle se dis net DOM mense wat nie doodle nie. :mrgreen:

  3. Augustus 2, 2009 at 8:38 nm

    Ek dink jou handskrif is mooi. Kan nie wag vir die doodles nie :lol:

  4. Augustus 3, 2009 at 7:52 vm

    Dagse Jo-Ann
    Nou ja, daar het ons dit, jy kan leesbaar skryf en dis nogals ordentlik ook. :wink:

    Welgedaan en nou mag jy maar ‘n wonderlike week verder geniet.

    Groete

  5. Augustus 4, 2009 at 4:29 nm

    Die doodles gan interessant wees! Ek doen dit so baie!

  6. Augustus 20, 2009 at 7:38 nm

    Niks fout met dié handskrif nie.


Leave a Reply




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

Augustus 2009
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Boer in Ballingskap

RSS Da Mario

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Pikkelik se Blik

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Wipneus

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Woestynsand

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 42,018 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share