Archive for September, 2009

13
Sep
09

Uit en Tuis … en terug met ‘n bang!

So was ek toe Namibië toe.  Ek het heerlik gekuier en  is vreeslik bederf maar die tyd was net te kort.  My boet se troue was ‘n grand affêre.  Hy en sy bruid pas bymekaar asof hulle vir mekaar gemaak is en ek het ‘n baie oulike skoonsuster gekry.  En boeta, kan die vrou kook.  Sy het mooi opgelet in die klas by die kookskool in Hermanus.  Dit is egter aan die einde van die dag net haar stokperdjie, nie haar brood en botter nie.

Behalwe vir die troue en natuurlik die weersiens van dierbare familie, was daar ‘n paar hoogtepunte…

  • Gebakte kaaskoek en lekker koffie by Probst Bakkery op die dag wat ek aangeland het…. nadat ek vir middagete aan ‘n Brötchen met Vleisslaai gesmul het.
  • ‘n Gesigbehandeling (‘n hele hemelse uur lank) by die Seaside Hotel en Spa buite Swakopmund op die dag voor die troue.  Natuurlik met ‘n manikuur en pedikuur daarby.  Die reuk en klank van die see so tydens die bederf was sommer ‘n groot ekstra vir my.  Daar is niks wat my so laat ontspan as juis die ritmiese klank van die branders nie.
  • Die dag toe ek aan ‘n Eland en aan ‘n Renoster gevat het by die Omaruru Game Lodge

Hier is ‘n paar foto’s…. daar is heelwat meer op my FaceBook profiel.

Die Spa…

DSC08537a DSC08544a

Die Troue

RTb RTa _MG_2624a _MG_2595a _MG_2796a

Die Game Lodge

DSC08746a DSC08759a DSCF0514a DSCF0516a DSCF0500a DSCF0502a DSCF0555a DSCF0572a DSCF0563a

Ek was ‘n skrale week weg.  Dit was natuurlik hopeloos te kort, maar ek kan nie te lank wegbly van my paneel af nie. So is ek toe Donderdag redelik dringend, maar heel rustig, oppad na een van my makelaars om besigheid te gaan optel. Dit is waar die dinge toe skeef loop toe ‘n jong dametjie onverwags ‘n u-draai reg voor my motor op die kruising by N1 Stad Hospitaal maak en ons twee motors mekaar hardhandig gegroet het ten spyte van al my pogings om die botsing te vermy. Daar is ‘n duisend “asse”. Die grootste daarvan is dat as sy net haar u-draai skerp gemaak het, sou ek genoeg pad gehad het om verder uit te swaai. Maar die kind het sommer altwee die bane gebruik en my uitswaai het net so ver gewerk. Haar Mini Cooper is geduik, maar daardie karretjie is lekker hard en my Mathilda is sag en het redelik seergekry om haar regteroog. Nou staan Mathilda by ‘n duikklopper en ry ek my huurkarretjie en ons raak net nie maats nie. Ek sukkel met die ding se immobilliseerder. Op die onmoontlikste plekke ruk die outjie dood en dan kry ek haar net nie weer aan die gang sonder ‘n groot gesukkel nie.

So hoor ek toevallig dat die meisietjie nogal veronderstel is om effens bekend te wees – was ‘n finalis in 2006 se Supersterre.  Sy is 20 en volgens ‘n kollega van my, wat in dieselfde voorstad as die meisie woon, is sy ‘n ongeluk wat plek soek om te gebeur. My kollega het al ‘n onderonsie met haar gehad by ‘n supermark in die betrokke voorstad. Dit is net jammer die meisietjie het juis in my pad daai plek vir haar gesoekte ongeluk gekry. Haar “I am so sorry Aunty” (ek verpes “Aunty” en dit laat my klaar rooi sien), help nie veel vir die onbeplande uitgawes en ongerief nie. Ek sal egter die petalje oorleef en is dankbaar dat nie een van ons seer gekry het nie.

Dit is net die lastige verkoue wat ek nou het wat my platslaan.  Mag dit vinnig opklaar. Ek sal tyd maak om die horde foto’s van die duine met hulle verskillende buie agtermekaar te sit en te kom wys.




Teken per e-pos in...

Kliek om in te teken met jou e-pos adres

Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Dec »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Die Pienk Zuit

RSS Gert Gariep

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Oopkop Anja

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

RSS Zee

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 42,558 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share