Author Archive for joanns

13
Sep
09

Uit en Tuis … en terug met ‘n bang!

So was ek toe Namibië toe.  Ek het heerlik gekuier en  is vreeslik bederf maar die tyd was net te kort.  My boet se troue was ‘n grand affêre.  Hy en sy bruid pas bymekaar asof hulle vir mekaar gemaak is en ek het ‘n baie oulike skoonsuster gekry.  En boeta, kan die vrou kook.  Sy het mooi opgelet in die klas by die kookskool in Hermanus.  Dit is egter aan die einde van die dag net haar stokperdjie, nie haar brood en botter nie.

Behalwe vir die troue en natuurlik die weersiens van dierbare familie, was daar ‘n paar hoogtepunte…

  • Gebakte kaaskoek en lekker koffie by Probst Bakkery op die dag wat ek aangeland het…. nadat ek vir middagete aan ‘n Brötchen met Vleisslaai gesmul het.
  • ‘n Gesigbehandeling (‘n hele hemelse uur lank) by die Seaside Hotel en Spa buite Swakopmund op die dag voor die troue.  Natuurlik met ‘n manikuur en pedikuur daarby.  Die reuk en klank van die see so tydens die bederf was sommer ‘n groot ekstra vir my.  Daar is niks wat my so laat ontspan as juis die ritmiese klank van die branders nie.
  • Die dag toe ek aan ‘n Eland en aan ‘n Renoster gevat het by die Omaruru Game Lodge

Hier is ‘n paar foto’s…. daar is heelwat meer op my FaceBook profiel.

Die Spa…

DSC08537a DSC08544a

Die Troue

RTb RTa _MG_2624a _MG_2595a _MG_2796a

Die Game Lodge

DSC08746a DSC08759a DSCF0514a DSCF0516a DSCF0500a DSCF0502a DSCF0555a DSCF0572a DSCF0563a

Ek was ‘n skrale week weg.  Dit was natuurlik hopeloos te kort, maar ek kan nie te lank wegbly van my paneel af nie. So is ek toe Donderdag redelik dringend, maar heel rustig, oppad na een van my makelaars om besigheid te gaan optel. Dit is waar die dinge toe skeef loop toe ‘n jong dametjie onverwags ‘n u-draai reg voor my motor op die kruising by N1 Stad Hospitaal maak en ons twee motors mekaar hardhandig gegroet het ten spyte van al my pogings om die botsing te vermy. Daar is ‘n duisend “asse”. Die grootste daarvan is dat as sy net haar u-draai skerp gemaak het, sou ek genoeg pad gehad het om verder uit te swaai. Maar die kind het sommer altwee die bane gebruik en my uitswaai het net so ver gewerk. Haar Mini Cooper is geduik, maar daardie karretjie is lekker hard en my Mathilda is sag en het redelik seergekry om haar regteroog. Nou staan Mathilda by ‘n duikklopper en ry ek my huurkarretjie en ons raak net nie maats nie. Ek sukkel met die ding se immobilliseerder. Op die onmoontlikste plekke ruk die outjie dood en dan kry ek haar net nie weer aan die gang sonder ‘n groot gesukkel nie.

So hoor ek toevallig dat die meisietjie nogal veronderstel is om effens bekend te wees – was ‘n finalis in 2006 se Supersterre.  Sy is 20 en volgens ‘n kollega van my, wat in dieselfde voorstad as die meisie woon, is sy ‘n ongeluk wat plek soek om te gebeur. My kollega het al ‘n onderonsie met haar gehad by ‘n supermark in die betrokke voorstad. Dit is net jammer die meisietjie het juis in my pad daai plek vir haar gesoekte ongeluk gekry. Haar “I am so sorry Aunty” (ek verpes “Aunty” en dit laat my klaar rooi sien), help nie veel vir die onbeplande uitgawes en ongerief nie. Ek sal egter die petalje oorleef en is dankbaar dat nie een van ons seer gekry het nie.

Dit is net die lastige verkoue wat ek nou het wat my platslaan.  Mag dit vinnig opklaar. Ek sal tyd maak om die horde foto’s van die duine met hulle verskillende buie agtermekaar te sit en te kom wys.

20
Aug
09

Ek bly ‘n Duinekind

Daar is vir my niks lekkerder as om kaalvoet teen een van die duine langs die Namibkus uit te klim nie. Om op ‘n warm dag my voete in die sand in te druk sodat dit nie brand nie en om te voel hoe die sand tussen my tone deur sypel. Lekker.  Dit bly ook maar die beste “foot-scrub” ooit.  Dit is dae soos die laaste paar nat dae wat ons in die Kaap gehad het, wat ek weer erg verlang na die plek waar dit sand reën.

Van Walvisbaai is daar nog altyd gesê dat mens twee keer huil… die dag wat die meubelvervoerwa voor jou nuwe tuiste staan en die stofwind waai vinniger sand in die huis in as wat daardie huisware afgelaai kan word en dit vir jou voel asof jy sand tussen jou tande het. En dan weer die dag wat die meubelwa jou goedjies laai vir die wegtrek en jy sukkel om die wortels wat jy geskiet het los te wikkel. Dit is twintig jaar later en my wortels sit nog steeds daar anderkant in die sandwêreld vas. Miskien het dit iets te doen met die hoë roesfaktor.

Ons kry ook bergwindtoestande in die Kaap. Ek kry sommer so half opgewonde gevoel as dit deurbreek, maar dit is nou maar eenmaal nie die ervaring van die Namib nie. Daar kom die Ooswind in die nag op en ruk jou vroegdag uit jou slaapnewels met ‘n geweldige gebulder om die huis se hoeke. Dan is dit warm, vrek warm. Van die vorige dag se 7°C tot 37°C in 24 uur. Die drastiese styging in temperatuur is iets waarmee mens maklik kan saamleef; dit is die sandreën wat ‘n toets vir geduld is. Dit sif oral in en skoonmaak terwyl die wind waai is ‘n onbegonne taak. Mens sien net ‘n lampaal of twee ver af in die straat. Dit is half donker en alles lyk vuil en dof. Dit voel asof dit net nooit sal ophou nie. Iewers rondom die middaguur gaan lê die wind en daar word gewens dat nag kom voordat die son mens doodbrand. Dan kom die lekkerte wat ek altyd vreeslik geniet het – die mooiste lekker warm braaivleisaande in die middel van die winter; wanneer daar menigmaal ook afgesit is see toe vir bietjie lafenis. So asof Moeder Natuur darem bietjie troos bring voor die volgende dag se aanslag.

Oosweer1 Oosweer2 Oosweer4 Oosweer3 Oosweer5

Ek het laas in die Junie 1991 regte Oosweer meegemaak.  Jenny Myhnhardt het heirdie jaar ‘n paar foto’s beskikbaar gestel. Kyk net hoe sit die motor op die teerpad in die sand vasgeval! Ek moet darem byvoeg dat dit in die Langstrand-ontwikkeling (waar Brad Pitt en Angelina Jolie tuisgegaan het) gebeur het en dat daardie ontwikkeling tussen die duine en die see lê – die dorp self lyk nie só erg nie.

Dit is in skrille kontras met wat ek elke winter in die Kaap beleef waar ons die week weer drama met vloede gehad het. “Ons” is seker die verkeerde woord omdat ek genadiglik hoog woon en werk en nêrens deur laagliggende dele moes beweeg het nie. Die ergste wat ek ervaar het is so effense waterglipsie naby Kevin se skool toe die motor se gat so liggies gegly het (miskien het ek bietjie te vinnig deur die plassie gery; mos altyd haastig).

2af83897d2fe45cb814e35d2920b1304 2b2fec41a7734f9a848e35030d0b69a7 7b8482871c234494818e169c78d4fdb2

(reënfoto’s geleen by News24)

Ek bly ‘n Duinekind… dit vat ‘n dag se harde skoonmaak om na ‘n stofstorm alles weer skoon en blink te kry.  Dit vat ‘n hele lente om die koue en klammigheid uit my murg te kry.  Ek kyk met ‘n huppel in my hart hoe daar oral blomme en bloeisels begin verskyn – dit beteken nog ‘n wrede koue seisoen is amper verby.

Oor twee weke gaan ek die flaminke groet by Walvisbaai se strandmeer nadat ek Duin 7 gaan klim het! Ek kan nie wag vir die vliegtuig om te daal oor die see en die duine nie….

03
Aug
09

Stress management…. its simple!

Stress
A lecturer when explaining stress management to an audience, Raised a glass of water and asked   ‘How heavy is this glass of water?’
Answers called out ranged from 20g to 500g.
The lecturer replied, ‘The absolute weight doesn’t matter. It depends on how long you try to hold it.
If I hold it for a minute, that’s not a problem.
If I hold it for an hour, I’ll have an ache in my right arm.
If I hold it for a day, you’ll have to call an ambulance.
In each case, it’s the same weight, but the longer I hold it, the heavier it becomes.’
He continued, …’And that’s the way it is with stress management.
If we carry our burdens all the time, sooner or later,
As the burden becomes increasingly heavy, We won’t be able to carry on. ‘
‘As with the glass of water,
You have to put it down for a while and rest before holding it again.
When we’re refreshed, we can carry on with the burden.’
‘So, before you return home tonight, put the burden of work down.
Don’t carry it home. You can pick it up tomorrow.
Whatever burdens you’re carrying now,  Let them down for a moment if you can.’
So, my friend, Put down anything that may be a burden to you right now.
Don’t pick it up again until after you’ve rested a while.
Here are some great ways of dealing with the burdens of life:
*Accept that some days you’re the pigeon, And some days you’re the statue.
*Always keep your words soft and sweet, Just in case you have to eat them.
*Always read stuff that will make you look good If you die in the middle of it.
*Drive carefully. It’s not only cars that can be Recalled by their maker.
*If you can’t be kind, at least have the decency to be vague.
*If you lend someone R20 and never see that person again, It was probably worth it.
*It may be that your sole purpose in life is simply be kind to others.
*Never put both feet in your mouth at the same time, because then you won’t have a leg to stand on.
*Nobody cares if you can’t dance well. Just get up and dance.
*Since it’s the early worm that gets eaten by the bird, sleep late.
*The second mouse gets the cheese.
*Birthdays are good for you. The more you have, the longer you live.
*You may be only one person in the world, But you may also be the world to one person.
*Some mistakes are too much fun to only make once.
*We could learn a lot from crayons… some are sharp, some are pretty and some are dull. Some have weird names, and all are different colors, but they all have to live in the same box.
*A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour.

Ek het hierdie stukkie wyse raad gekry. Toe ek so bietjie daaroor gaan sit en dink het, het ek agtergekom dat ek lankal dit toepas. Ek het in my jong jare myself in ‘n koma in gestres oor als wat dalk kan gebeur. Tipies soos as iemand of reis gaan, sou ek my doodbekommer tot hulle veilig anderkant aankom. Ek het tot op ‘n stadium las gehad van ‘n maagseer… en toe kry ek verstand…

Why worry, if you worry, you die, if you don’t worry, you also die… eventually…

Al wat my nou stres is hoe om minder maand aan die einde van my pay te bewerkstellig… :-)

A lecturer, when explaining stress management to an audience, raised a glass of water and asked   ‘How heavy is this glass of water?’

Answers called out ranged from 20g to 500g.

The lecturer replied, ‘The absolute weight doesn’t matter. It depends on how long you try to hold it.

If I hold it for a minute, that’s not a problem.

If I hold it for an hour, I’ll have an ache in my right arm.

If I hold it for a day, you’ll have to call an ambulance.

In each case, it’s the same weight, but the longer I hold it, the heavier it becomes.’

He continued, …’And that’s the way it is with stress management.

If we carry our burdens all the time, sooner or later, as the burden becomes increasingly heavy,  we won’t be able to carry on.  As with the glass of water,  you have to put it down for a while and rest before holding it again. ‘

When we’re refreshed, we can carry on with the burden.

‘So, before you return home tonight, put the burden of work down. Don’t carry it home. You can pick it up tomorrow.

Whatever burdens you’re carrying now,  let them down for a moment if you can.’

So, my friend, put down anything that may be a burden to you right now. Don’t pick it up again until after you’ve rested a while.

Here are some great ways of dealing with the burdens of life:

*Accept that some days you’re the pigeon, and some days you’re the statue.

*Always keep your words soft and sweet, just in case you have to eat them.

*Always read stuff that will make you look good If you die in the middle of it.

*Drive carefully. It’s not only cars that can be recalled by their maker.

*If you can’t be kind, at least have the decency to be vague.

*If you lend someone R20 and never see that person again, it was probably worth it.

*It may be that your sole purpose in life is simply be kind to others.

*Never put both feet in your mouth at the same time, because then you won’t have a leg to stand on.

*Nobody cares if you can’t dance well. Just get up and dance.

*Since it’s the early worm that gets eaten by the bird, sleep late.

*The second mouse gets the cheese.

*Birthdays are good for you. The more you have, the longer you live.

*You may be only one person in the world, but you may also be the world to one person.

*Some mistakes are too much fun to only make once.

*We could learn a lot from crayons… some are sharp, some are pretty and some are dull. Some have weird names, and all are different colors, but they all have to live in the same box.

*A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour.

01
Aug
09

Die tag wat ek wou vermy….

Ek het nie ‘n mooi handskrif nie. Ek hou nie van skryf nie. Ek tik al lang jare alles en doen al my berekeninge, van die eenvoudigste tot die mees ingewikkelde, in Excel; selfs finansiële berekeninge waarvoor ek eintlik my oulike sakrekenaartjie moet gebruik.

Ek is lui vir skryf en hou nie eens daarvan om boodskappies in kaartjies te skryf noe. Ek skryf (lees krap) gewoonlik net terwyl ek notas maak tydens ‘n telefoongesprek en my dagboek is ook vir my oge alleenlik. Dit is die papierweergawe wat eintlik net ‘n notaboek is, want ek gebruik natuurlik die elektroniese formaat wat sommer vir my SMS’e na my selfoon toe stuur met my agenda.

So gepraat van notas maak…. omdat ek gewoonlik met ‘n pen in die hand sit terwyl ek op die telefoon praat, doodle ek.  Ek hou altyd “scrap” papier by die foon en ek bêre die krapblaadjies om later alles wat belangrik is elektronies te stoor… en dit is omtrent krapblaadjies.  Ek sal dit eendag wys. Intussen tag ek almal om julle doodles te kom wys… julle wil mos!

skrif

27
Jul
09

Onthouspoortjies…

KevinEk het mos vertel van die wa wat deur die kruispad is en wat begin spoed optel. Deel van die proses is om so bietjie intensief aan die wa se inhoud aandag te gee en dinge uit te pak, reg te pak en onnodige bagasie af te gooi. Soms dwaal ek ‘n bietjie in die verlede rond en haak ek ‘n stukkie by ou spore wat getrap is vas. Ek kom af op lankververlore (en vernielde) foto’s wat nie in albums beland het nie en die ou bêre-boksies is ‘n ontdekkingsreis op sy eie.  Desondanks moet van die bêre-boksies uitgedun word, want ‘n te swaar wa sleep moeilik.

Een van die “aaah, sweet” oomblikke was toe ek op lankvergete skoentjies van my seun afgekom het.  Skoentjies wat ek gebêre het omdat dit sy eerste “formele” skoene was en ek dit oorweeg het om dit te verbrons (as dit die regte term is).  Intussen het ek besluit dit is nie my styl nie, maar daardie skoene is terug in die bêre-boksie.  Dit is weer gebêre vir anderdag se uithaal en “aaah”, maar nie voordat ek ‘n foto geneem het van toe en nou se skoene nie…. ek het al gekla oor die skoenkoopmissies wat ek myself aan moet onderwerp om vir my seun sy nr 13’s in die hande te kry….

Spore

26
Jul
09

My eerste PC

ABC386SXDXDit was 1993.  Ek was begogel met rekenaars en wat ek alles daarmee kon doen om my werk makliker te maak en het met groot opgewondenheid die groot stap geneem om een te koop. Vandag het ek op die faktuur afgekom en dit is eintlik heel giggelbaar omdat baie selfone vandag groter en sterker is as daardie vreeslike stuk blik (soos die een op die geleende foto) wat ek toe gekoop het. Mens kan vandag meer koop vir dieselfde bedrag!  Ek reken dat my R6,000 van toe teen ‘n gemiddelde inflasiekoers van so 6.73% vandag R17,000 kan wees en ek kan verseker nou ‘n aantreklike stukkie tegnologie daarmee koop.  Daardie dae was dit wat ek gekoop het, heel skaflik en ek was baie in my noppies met my eerte PC.  Dit was:

Computer – 386 DX 40

Haddrive – 80 MB

Drives  - 1.2 Floppy, 1.44 Stiffy

RAM – 2 MEG

Monitor – SVGA Colour Monitor (.39)

Keyboard – 101

Printer – Panasonic KX-P1180 (nog met ‘n ink lint)

Mouse – Mecer Mouse and Pad

Programs – MS-Dos 6, Windows 3.1, Wiskunde (Afr)

Op daardie PC het ek studiemateriaal en vrae- en antwoordstelle geskryf vir een van die weermag se rekenaarstelsels en dit het my dae gevat om die 100 bladsye klaar te kry. Die groot gesukkel was met die grafiese vloeidiagramme.  Ek moes omtrent aan die muis (nog met die balletjie) klou om my lyne reg te kry en dit is waar my eerste karpale tonnel storie begin het.

Ek het ook op ‘n kopie van ‘n brief aan my ma afgekom waarin ek steen-en-been gekla het oor sukkel met WP 5.1 en dat ek liewer op Multi-Mate werk.  Dit klink saam met MS-Dos soos grieks vir veral die jongklomp. In dieselfde lêer waarin die faktuur was, was van my aantekeninge van laevlak programmering – in besonder ‘n programmetjie om jou ouderdom in dae te bereken… ek onthou hoe in my noppies ek met myself was as ek die goed kon kry om te werk!

Nou het ons verbasende tegnologie aan ons vingerpunte.  Toe was selfone nog nie in elke man se besit nie en min mense het PC’s gehad en ons in SA het nog nie eens gedink aan die web nie.  Ons het darem ‘n gekoppelde rekenaarstelsel in die weermag gehad – ook maar net-net en teen vandag se standaarde gelykstaande aan ‘n tikmasjien met telexfasiliteite. Stadig, kleurloos en verbeeldingloos.

Dit is nou die een ding van soveel somers agter die rug hê… ons het vooruitgang behoorlik en teen die spoed van witlig ervaar. Van net ‘n tikmasjien en ‘n telefoon tot vandag waar ons met meer stoorspasie en tegnologie in ons handsakke rondloop as wat ek in 1993 op my lessenaar gehad het…. ek vind dat my 4Gig Flash Drive wat ander dag nog “groot” was, te klein raak!

24
Jul
09

altyd in my hart

lillyDie laaste paar weke het ek baie aan my oorlede ma gedink en gewonder wat sy sou sê as sy my nou kon sien.  Toe ek die gedig hieronder in ‘n e-pos gekry het, het dit soos ‘n boodskap gevoel.

Ek treur nie meer nie; ek dink met heimwee aan my ma en is elke dag dankbaar dat sy wel 60 jaar vir my gespaar was en dat sy deel is van die mens wat ek geword het.  Ek wens net soms dat sy vir ‘n oomblik met my kon gesels sodat sy kon weet dat ek in die rigting beweeg waartoe sy my aangemoedig het.

Dan kry ek so gediggie wat deur haar geskryf kon gewees het en ek weet vir altyd sal sy voortleef in my hart:


If tomorrow starts without me,

And I’m not there to see,

If the sun should rise and find your eyes

All filled with tears for me;


I wish so much you wouldn’t cry

The way you did today,

While thinking of the many things,

We didn’t get to say.


I know how much you love me,

As much as I love you,

And each time that you think of me,

I know you’ll miss me too;


But when tomorrow starts without me,

Please try to understand,

That an angel came and called my name,

And took me by the hand,


And said my place was ready,

In heaven far above,

And that I’d have to leave behind

All those I dearly love.


But as I turned to walk away,

A tear fell from my eye,

For all my life, I’d always thought,

I didn’t want to die.


I had so much to live for,

So much left yet to do,

It seemed almost impossible,

That I was leaving you.


I thought of all the yesterdays,

The good ones and the bad,

I thought of all that we shared,

And all the fun we had.


If I could relive yesterday,

Just even for a while,

I’d say good-bye and kiss you

And maybe see you smile.


But then I fully realized,

That this could never be,

For emptiness and memories,

Would take the place of me.


And when I thought of worldly things,

I might miss some tomorrow,

I thought of you, and when I did,

My heart was filled with sorrow.


But when I walked through heaven’s gates,

I felt so much at home.

When God looked down and smiled at me,

From His great golden throne,


He said, “This is eternity,

And all I’ve promised you.”

Today your life on earth is past,

But here life starts anew.


I promise no tomorrow,

But today will always last,

And since each day is the same way,

There’s no longing for the past.


So when tomorrow starts without me,

Don’t think we’re far apart,

For every time you think of me,

I’m right here, in your heart “


Veels geluk met Moekie se derde verjaarsdag in die hemel!

21
Jul
09

Points to Ponder

1. If time doesn’t wait for you, don’t worry! Just remove the battery from the clock and enjoy life.

2. Expecting the world to treat you fairly because you are a good person is like expecting the lion not to attack you because you are a vegetarian. Think about it.

3. Beauty isn’t measured by outer appearance and what clothes we wear, but what we are inside. So, try going out naked tomorrow and see the admiration.

4. Don’t walk as if you rule the world, walk as if you don’t care who rules the world. That’s called Attitude. Keep on rocking!

5. Every lady hopes that her daughter will marry a better man than she did and is convinced that her son will never find a wife as good as his father did.

6. He was a good man. He never smoked, drank had no affair. When he died, the insurance company refused the claim. They said, he who never lived, cannot die.

7. All desirable things in life are illegal, banned, and expensive or married to someone else.

8. Ten percent of road accidents are due to drunken driving. This makes it a logical statement that ninety percent of accidents are due to driving without drinking.

(geleen - skrywer onbekend)
20
Jul
09

Die Daglank Trui

PatroonOp my dag, voor las met karpale tonnel sindroom, het ek gebrei. Baie. Ek kon nie voor die TV sit as my hande nie besig was nie. Ek het die trui, wat die man in die  foto aanhet, gebrei. Dit was in die ekwivalent van die kleure wat vir die patroon se foto gebruik is; ek kon in Walvisbaai nie die presiese wol kry wat aangedui was nie. Al moet ek dit self sê, het die trui baie mooi uitgekom alhoewel dit my eerste kabeltrui was.  Kliek hier vir die patroon uit Value van April 1986.

Daar het heelwat wol oorgebly en ek het vir my dogter toe ‘n streeptrui gebrei van die resbietjies. Ilana was altyd baie opgewonde oor die truie wat ek vir haar opgetoor het en sy het baie van die kleure gehou en het my aangejaag om klaar te maak. Ek was nog besig met die trui net so voor ‘n skooluitstappie aangekondig is. Toe is ek darem mooi gevra om gou te maak sodat sy die trui vir die uitstappie kon aantrek. Dit was een van die jare wat tosseltjies nogal in was en ek moes toe ook  ”cowboy-tosseltjies” aansit.

Soos die dag van die uitstappie nader gekom het, so het die trui ook amper klaargekom. Teen die aand voor die uitstappie moes ek dit nog net aanmekaar werk en die tosseltjies aansit. Die vaswerk en afrond het my gewoonlik amper langer gevat as die brei self, want ek was baie puntenerig om my breiwerk pynlik netjies af te rond – ek het immers ‘n baie noukeurige leermeester in my ma gehad. So sit ek toe tot na middernag om die trui klaar te kry sodat dit die volgende dag gedra kon word. Ek was nie half trots oor hoe pragtig die trui uitgekom het en hoe mooi en kleurvol dit saam met Ilana se denim gelyk het nie.

Ilana Pre-PremEk het nie eens kans gehad om die trui uit te spoel nie en Ilana is net so skool toe daarmee.  Dit was die laaste wat ek daardie trui gesien het. Die klassie is met die trein oor na die buurdorp en het daar rondgeloop na plekke wat ek nie kan onthou nie en het weer met die trein teruggekom. Die trui is iewers uitgetrek en het moontlik selfs op die trein agtergebly met die terugkomslag. Nou noem ek die trui die Daglank Trui.  Ek het darem ‘n foto. En Ilana het die manstrui geërf en dra dit as slonsdrag by die huis….

20
Jul
09

Too Much of a Good Thing?

Die dinge waarmee mense hulself darem besig hou…. tyd vir verandering as dit gebeur!




Sew Pretty Homestyle

Kaapstad, Suid-Afrika

Dis ek die…

Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Sep    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Argiewe

MY GUNSTELINGE

RSS BB’s Blog

RSS Boendoe

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Die Pienk Zuit

RSS Ding se Dinge

  • An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.

RSS Gert Gariep

RSS Karin se Dink en Droomplek

  • Fin September 26, 2009

RSS Kokkewiet

  • ?? Oktober 21, 2009

RSS Louisa

RSS Pikkelik se Blik

RSS Rosalind Franklin

RSS Wipneus

RSS Woestynsand

RSS Wosonki

Van Waar…..

SA Top Sites

Statistiek

  • 41,828 Loere
Jo-Ann Schou's Facebook profile

Bookmark

Bookmark and Share